Die tongblaarprotea (Protea scolopendriifolia) is 'n blomdraende struik wat aan die bekende Proteagenus behoort. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap. Dit kom voor vanaf die Sederberg, Kogelberg tot Riviersonderendberge, Swartberg tot Kougaberge waar dit deel van die fynbosbioom is. Die struik is wortelagtig en vorm groot knolle tot 1 m in deursnee en blom van September tot Desember.
Die plant spruit weer uit nadat dit gebrand het. Die saad word in 'n doppie geberg, na 'n lang tydperk vrygelaat en deur die wind versprei. Die plant is eenslagtig. Bestuiwing vind plaas deur die werking van knaagdiere. Die plant groei in Sederberg skalie, soms in sandsteengrond op hoogtes van 450 – 1 800 m.
In Engels staan dit as die Harts-tongue-fern Sugarbush bekend.
Galery
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome Lys van proteaspesies
Bronnelys REDLIST Sanbi Protea Atlas Plants of the World Online
Eksterne skakels
Kategorie:Protea Kategorie:Struike Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika