Die Swartlandsuikerbos (Protea odorata) is 'n blomdraende struik wat aan die bekende Proteagenus behoort. Die spesie is endemies aan die Wes Kaap waar dit van Kalbaskraal tot by Klapmuts voorkom en vorm deel van die renosterveld. Daar is slegs 'n paar plante oor, die spesie staan op die rand van uitwissing. Die struik groei regop en word 1,2 m hoog en blom van Februarie tot Junie met die hoogtepunt van Maart tot April.

'n Brand vernietig die plant maar die sade oorleef. Die saad word in 'n doppie geberg, word slegs na brand vrygelaat en deur knaagdiere en miere versprei. Die plant is eenslagtig. Bestuiwing vind plaas deur die werking van perdebye.

In Engels staan dit as die Swartland sugarbush bekend.

Hierdie plant en die Kasteelkloofsuikerbos staan saam bekend as skalieproteas.

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome Lys van proteaspesies

Bronnelys PlantZAfrica REDLIST Sanbi Protea Atlas Biodiversityexplorer Plants of the World Online

Kategorie:Protea Kategorie:Struike Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika