Die Blydesuikerbos (Protea laetans) is 'n blomdraende boom wat aan die bekende Proteagenus behoort. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika en kom op die eskarp van die Blyderivierspoort voor. Die boom is slank, word 5 m hoog en blom van Maart tot September met die hoogtepunt van April tot Mei. Die boom is seldsaam, daar is net een populasie.

Die boom spruit weer uit na 'n brand. Die saad word 9 – 12 maande nadat dit geblom het vrygelaat en deur die wind versprei. Die plant is eenslagtig. Bestuiwing vind plaas deur die werking van voëls. Die plant groei in kwartsietgrond op hoogtes van 1 000 – 1 400 m.

Die boom se FSA-nommer is 90.4.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/ In Engels staan dit as die Blyde sugarbush bekend.

Galery

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome Lys van proteaspesies

Verwysings

Bronnelys PlantZAfrica Protea Atlas Biodiversityexplorer REDLIST Sanbi Plants of the World Online

Eksterne skakels

Kategorie:Protea Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika