Die serpentynsuikerbos (Protea curvata) is 'n blomdraende boom wat aan die bekende Proteagenus behoort. Dit staan ook as die Barbertonse veldsuikerbos bekend. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika en kom rondom Barberton voor. Die boom groei regop en word tot 8 m hoog en blom van Junie tot Oktober met die hoogtepunt Junie tot Julie. Die plant is seldsaam, daar is net een populasie.
Die boom spruit weer uit na 'n brand. Die saad word in 'n doppie geberg, word na 'n lang tydperk vrygelaat en deur die wind versprei. Die plant is eenslagtig en bestuiwing vind plaas deur die werking van voëls. Die plant groei op hoogtes van 850 m.
Die boom se FSA-nommer is 88.1.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/ In Engels staan dit as die Barberton sugarbush bekend.
links|duimnael|240px
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome Lys van proteaspesies
Bronnelys REDLIST Sanbi Protea Atlas Biodiversityexplorer Plants of the World Online
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Protea Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika