Die Klein-Boesmansrivier is 'n rivier wat in die KwaZulu-Natal, Suid-Afrika vloei.
Een lopie ontspring aan die voet van die Drakensberge en ander lopies ontspring langs die Moore Park en Wagendrift Natuurreservate verder oos. Hierna vloei dit deur die KwaZulu-Natal Middeland, verby langs (maar nie deur) die Wagendriftdam, onderdeur die N3 en mond stroomaf uit in die groter Boesmansrivier in die dorp Estcourt.
Kategorie:Riviere in KwaZulu-Natal