Jakaya Mrisho Kikwete (gebore 7 Oktober 1950) is 'n Tanzaniese politikus wat van 2005 tot 2015 as die vierde president van Tanzanië gedien het. Voor sy verkiesing tot president was hy van 1995 tot 2005 die Minister van Buitelandse Sake onder sy voorganger, Benjamin Mkapa. Hy was ook in 2008–2009 voorsitter van die Afrika-unie en in 2012–2013 die voorsitter van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap se troika oor vrede, verdediging en veiligheid.
Eksterne skakels
Kategorie:Geboortes in 1950 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Presidente van Tanzanië