Die Antonof An-26 (NAVO verslagnaam: Curl) is 'n tweemotorige turboskroef burgerlike en militêre vervoervliegtuig, ontwerp en gebou in die Sowjetunie vanaf 1969 tot 1986.Gordon, Yefim. Komissarov, Dmitry & Sergey. "Antonov's Turboprop Twins". Hinkley. Midland. 2003.
Nadat die Antonof An-24 suksesvol gebruik is in operasies na geheime, afgeleë omgewings, het die navraag vir 'n terugtrekbare vragdeur toegeneem. Aanvanklike ondersoeke vir so 'n vragdeur is uitgevoer as deel van die voorgestelde An-40 mediumvervoervliegtuig. Goedkeuring is verleen vir die An-26 in Maart 1968 deur die Antonof Eksperimentele Ontwerpburo dat die An-40 se vragdeur aan die An-24 se romp gemonteer mag word wat die An-26 tot gevolg gehad het.
Daar is veral gekonsentreer op die militêre weergawe en die grootste gros van die eerste An-26s is afgelewer aan die Militêre Lugvervoerafdeling van die Sowjet Lugmag.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Vragvliegtuie Kategorie:Turboskroef-aangedrewe vliegtuie