220px Intourist • Интурист

Hoofkantoor

Moskou

Stigting

1929

Tipe

Dogtermaatskappy

Moedermaatskappy

Anex Tourism Group, Turkye

Webtuiste www.intourist.com

Intourist (Russies: Интурист, 'n afkorting van inostranny turist of «buitelandse toeris») is 'n Russiese reisagentskap wat sedert 2019 in besit van die Turkse Anex Tourism Group is. Die agentskap het belange in die Russiese toerismesektor en bedryf onder meer hotelle. Die onderneming het in die Sowjettydperk bekendheid verwerf as toerismekantoor en reisagentskap in staatsbesit wat met sy stigting in 1929 die monopolie vir buitelandse toerisme in die Sowjetunie verkry het.

duimnael|links|'n Intourist-advertensieplakkaat van 1930 adverteer vir Moskou-stadstoere in die Sowjetunie duimnael|links|Die viersterhotel Wolgograd Intourist, in 1959 in die klassieke styl gebou volgens 'n ontwerp van die argitek B.N. Goldman, is tot nasionale monument verklaar Ná die ontbinding van die Sowjetunie is Intourist in 1992 geprivatiseer. Tot en met November 2010 het die Russiese houermaatskappy Sistema en die Brits-Duitse toerismegroep Thomas Cook Group elkeen vyftig persent van Intourist se aandele besit. Neue Zürcher Zeitung, 26 November 2010: Deutschland – Thomas Cook kauft Intourist. Besoek op 21 Desember 2019 Later is die onderneming in sy geheel deur Thomas Cook oorgeneem. Nadat Thomas Cook in 2019 bankrot gespeel het, is Intourist in November van dieselfde jaar deur die Turkse Anex oorgeneem. Deutschland today, 15 November 2019: Türkischer Investor kauft russischen Reiseveranstalter Intourist. Besoek op 21 Desember 2019

Verwysings

Eksterne skakels

Intourist-plakkate uit die Sowjet-tydperk

The New Travel Land – Intourist posters from the Soviet era Historiese persberigte

Der Spiegel, 29 Junie 1960: INTOURIST – Krimsekt unerwünscht Die Zeit, 21 Augustus 1964: Interview mit Intourist: Wird Rußland Autoreise-Land? Die Zeit, 29 Augustus 1971: Die große Kunst des Wartenkönnens

Kategorie:Russiese maatskappye