Abdelmadjid Tebboune (Arabies: عبد المجيد تبون, geromaniseer: ʿAbd al-Majīd Tabuʾn; gebore 17 November 1945) is 'n Algerynse politikus en sedert Desember 2019 die 8ste president van Algerië. Hy het president Abdelaziz Bouteflika en die waarnemende staatshoof Abdelkader Bensalah in hierdie amp opgevolg. Tebboune was van Mei 2017 tot Augustus 2017 premier van Algerië. Hy was van 2001 tot 2002 vir een jaar en van 2012 tot 2017 vir 5 jaar minister van behuising. Biografie Tebboune is op 17 November 1954 in die dorp Mecherië in die huidige Naâma-provinsie van Algerië gebore. Sy familie is afkomstige van die Boussemghoun-gemeente in die El Bayadh-provinsie, geleë in die streek van die Hoogvlaktes van suidwes-Algerië. Sy pa was 'n sjeik-lid van die Vereniging van Algerynse Moslem Ulema (en Abdelmadjid was in 'n skool wat deur die Vereniging van Ulema in Sidi Bel Abbes beheer is voor die begin van die Algerynse Oorlog tussen 1953 en 1954) en ook 'n soldaat. Hy is getroud met Fatima Zohra Bella en die egpaar het vyf kinders: Saloua, Maha, Salaheddine Ilyes, Mohamed and Khaled. Hy het op 29 Julie 1969 aan die Nasionale Skool vir Administrasie gegradueer. Politieke loopbaan Tebboune was vanaf 1991 tot 1992 die Minister-Afgevaardigde vir Plaaslike Regering, gedurende die laaste maande van Chadli Benjedid se presidentskap. Later, onder president Abdelaziz Bouteflika, het hy as Minister van Kommunikasie en Kultuur vanaf 1999 tot 2000 en daarna as Minister-Afgevaardigde vir Plaaslike Regering vanaf 2000 tot 2001 gedien. Hy was tussen 2001 en 2002 die Minister van Behuising en Stedelike Beplanning. Tien jaar later, in 2012, het hy teruggekeer na die pos van minister van behuising in die kabinet van premier Abdelmalek Sellal. Hy is in die Panama-dokumente genoem.
Na afloop van die Mei 2017 parlementêre verkiesing, het president Bouteflika op 24 Mei 2017 vir Tebboune gekies vir om Sellal as Eerste Minister op te volg. Die aanstelling van Tebboune het Algerynse politieke elites verras, wat geglo het dat Sellal heraangestel sou word. Die nuwe regering onder leiding van Tebboune is op 25 Mei ingehuldig.
Op 15 Augustus 2017 het Bouteflika vir Tebboune afgedank en vir Ahmed Ouyahia gekies om hom op te volg. Tebboune het vir minder as drie maande as Eerste Minister gedien.
Op 12 Desember 2019 is Tebboune as president verkies. Hy het meer as 58% van die stemme ontvang. Op 19 Desember het hy die amp aanvaar en die Nasionale Orde van Verdienste van die waarnemende president Abdelkader Bensalah ontvang. Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Presidente van Algerië Kategorie:Eerste ministers van Algerië Kategorie:Geboortes in 1945 Kategorie:Lewende mense