Die Antonof An-12 (Russies: Антонов Ан-12; NAVO verslag naam: Cub) is 'n viermotorige turboskroefaangedrewe vragvliegtuig wat in die Sowjetunie ontwerp is. Dit is 'n militêre weergawe van die Antonof An-10 en daar is verskeie variante. Die An-12 was vir meer as drie dekades die standaard-mediumafstand vrag- en valskermsoldaatvervoervliegtuig van die Sowjetlugmag. Daar is in totaal 1 248 van die vliegtuie gebou.
Kapasiteit duimnael|links|Antonof An-12BP by die China Lugvaartmuseum, Beijing In militêre gebruik het die An-12 'n kapasiteit vir tot 100 ten volle toegeruste valskermsoldate of 20 000 kg vrag wat deur die agterste laaioprit/ deur gelaai word. Wat die opset, grootte en vermoë betref, is die vliegtuig soortgelyk aan die Amerikaansvervaardigde C-130 Hercules.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Vragvliegtuie Kategorie:Turboskroef-aangedrewe vliegtuie