John Joseph Pombe Magufuli (29 Oktober 1959 – 17 Maart 2021) was 'n Tanzaniese politikus wat van 2015 tot 2021 as die vyfde president van Tanzanië gedien het. Hy was ook die voorsitter van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap.

Hy is eers in 1995 verkies as 'n parlementslid, en dien in 1995 in die kabinet van Tanzanië as adjunkminister van arbeid, Minister van arbeid van 2000 tot 2006, Minister van Grond en Menslike Nedersetting van 2006 tot 2008, Minister van Lewendehawe en Visserye-ontwikkeling van 2008 tot 2010 en as Minister van Arbeid vir die tweede keer van 2010 tot 2015.

Hy was 'n kandidaat van die regerende party in Tanzanië (CCM) en wen die presidensiële verkiesing in Oktober 2015 en is op 5 November 2015 ingesweer. Magufuli se presidentskap is gekenmerk deur die fokus op die vermindering van regeringskorrupsie en besteding en ook om in nywerhede te belê.

Eksterne skakels

Kategorie:Geboortes in 1959 Kategorie:Sterftes in 2021 Kategorie:Presidente van Tanzanië