Alpha Sculptoris (afgekort as α Scl) is ’n blouwit ster in die suidelike sterrebeeld Beeldhouer (Sculptor). Met ’n skynbare magnitude van 4,3 is dit die helderste ster in hierdie andersins dowwe sterrebeeld. Volgens parallaksmetings is dit sowat 780 ligjare van die Son af.

Dit is ’n B-tipe reusester en ’n SX Arietis-veranderlike. Sy helderheid wissel met minder as ’n 10de van ’n magnitude.

Alpha Sculptoris se ligsterkte is sowat 1 500 keer dié van die Son en sy effektiewe temperatuur 13 600 K. Sy radius is sowat sewe keer en sy massa vyf keer die Son s'n.

Verwysings

Bronne 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Bayer-voorwerpe Kategorie:Henry Draper-voorwerpe Kategorie:B-tipe reusesterre Kategorie:Veranderlike sterre Kategorie:Beeldhouer (sterrebeeld)