Die jaar 1522 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Sondag begin het. Dit was die 22ste jaar van die 16de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
Gebeure Griekeland Die Turke verower die eiland Rhodos; die Johannieter-ridderorde word na Malta verskuif. Italië 9 Januarie – Pous Adrianus VI volg Pous Leo X op as pous van die Rooms-Katolieke Kerk. April - Francesco II Sforza (*1495) word hertog van Milaan. 31 Augustus – Pous Adrianus VI word gekroon deur kardinaal Marco Comaro. Spanje 6 September - Magellaan se skip Victoria keer in Sanlúcar de Barrameda in Spanje terug. Hy self is 27 April 1521 op die eiland Maktan gedood Duitse Ryk 10 Januarie -- Die Augustynermonnike van Wittenberg verbrand hulle beelde en altare. Februarie -- Die Wittenberger beweging hou 'n beeldestorm. Maart -- Luther keer terug van die Wartburg in Wittenberg. Einde van die Wittenberger beweging. Nederlande Erasmus publiseer sy De conscribendis epistolis. Hy wy dit aan Bérault en maak die Apuleiani wat Apuleius probeer te imiteer belaglik. Die posisie van stadhouder, wat tydelik gewees het, kry in die Nederlande 'n permanente karakter. Die rede is dat die vorste nie in al hul gebiede teenwoordig kan wees nie.
Meksiko 15 Mei -- Cortés vervaardig sy "Tercera carta"; hierdie derde kaart wys dat baie gebiede onafhanklik gebly het soos die Pasifiese kus, die Sierra Zapoteca en die Altos de Chiapas. Die verspreiding van die Christelike geloof is reeds deur geïsoleerde sendelinge geïnisieer. Pous Adrianus VI dra dit nou aan die broeders van die bedelaarordes op, wat in Amerika die reg kry om die parogiale administrasie uit te oefen. Die Spaanse kroon stel Cortés as kaptein-generaal en hoofregter aan wat hom direk aan die kroon verantwoordelik maak.
Geboortes Ulisse Aldrovandi († 1605) - medkus en naturalis uit Bologna. Guy de Brès -- kerkhervormer uit die suidelike Nederlande († 1567)
Sterftes Johanses Reuchlin -- humanis (*1455) Francesco da Diacceto (*1466) lid van die Accademia Sacra dei Medici, saam met Michelangelo. Sebastian Münster (*1488) kunstenaar en kartograaf wat se Cosmografia universale altyd seemonsters gewys het.
Verwysings
Kategorie:16de eeu