Die jaar 1523 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Maandag begin het. Dit was die 23ste jaar van die 16de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.

Gebeure Rome 15 April – Pous Adrianus VI dwing koning Frans I tot 'n wapenstilstand met keiser Karel V. 31 Mei – Pous Adrianus VI verklaar Sint Antonius van Florence en Sint Benno heilig. 3 Augustus – Pous Adrianus VI sluit hom aan by keiser Karel V. 5 Augustus – Pous Adrianus VI word dodelik siek. 10 September – Pous Adrianus VI stel Willen van Enckenvoirt, biskop van Tortosa, aan as kardinaal. 19 November – Pous Clemens VII volg Pous Adrianus VI op as pous van die Rooms-Katolieke Kerk. 26 November – Pous Clemens VII word deur kardinaal Marco Comaro gekroon. 9 Desember – Alessandro Farnese (later Pous Paulus III) word biskop van Palestrina. 29 Desember – Alessandro Farnese (later Pous Paulus III) word biskop van Sabina.

Italië Daar is opnuut 'n pesepidemie in Milaan. Die meeste mense is nie langer as twee dae siek nie en slegs 3% leef langer as 'n week voordat hulle sterf. Vanaf 4 Januarie tot 17 September sterf 1 013 mense. 23 Maart, Milaan - Hertog Francesco II Sforza reik 'n eerste proklamasie uit teen eienaars van gereformeerde boeke, gegee dat "sommige reeds begin het om die Katolieke Geloof te besmet as gevolg van die ketterswerke en valse oortuiging van Fra Martino (Luther)". Hulle moet sulke boeke binne vier dae aan die Grootkanselier inlewer, onder straf van die dood en konfiskering van bates.

Switserland Die stad Zürich neem die protestanse geloof van Zwingli aan.

Frankryk Mei - Die Fakulteit kritiseer koning François I omdat hy Louis Berquin, 'n berugte Lutheraan, beskerm. Spanje Die Cortes sluit 'n ooreenkoms met Karel V: die stede gaan binnelandse programme en bestuursprosedures formuleer en die koning gaan 'n beleid van institusionele hervorming voer wat die uitvoerende gesag, die regbanke en die kerklike landgoede betref.

Swede Junie - In Strängnäs word Gustav Eriksson Vasa, die leier van die opstand teen die Deense koning Christiaan II tot koning van Swede verkies. Dit is die einde van die Unie van Kalmar en die burgeroorlog in Swede.

Duitse Ryk Philipp Melanchthon publiseer 'n polemiek oor die pousdom "die Pous-donkie Verklaar" wat noue parallelle vertoon met die Hussitiese geskrif "die Anatomie van die Antichris". Nederlande 1 Julie - Brussel, die Augustynse fraters Heinrich Voes en Johann van den Esschen word vanweë kettery verbrand. Hulle is die eerste Protestante wat gedood word. Meksiko Hernán Cortés verower die provinsie Pánuco, in die binneland naby die huidige Tampico.

China 6 April - Die Portugese probeer opnuut om handel met China te dryf. Die vier skepe wat hulle na Guangzhou stuur word nie toegelaat nie. Die Chinese maak 35 mans dood en neem 42 gevange, waaronder Pedro Homen hulle leier. Hulle word later ter dood veroordeel.

Geboortes 18 Oktober – Anna van Pole, was 'n Pools-Litause prinses († 1596) Onbekend – Johann Wigand, Protestantse teoloog en hervormer († 1587)

Sterftes 14 September – Pous Adrianus VI, die 218de pous van die Rooms-Katolieke Kerk in Rome (* 1459) 16 Desember – Bernardino Lopez de Carvajal ook Teenpous Martinus IV (* 1456) Onbekend – Pietro Perugino, Italiaanse skilder (* 1450)

Verwysings

Kategorie:16de eeu