Die jaar 1527 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Saterdag begin het. Dit was die 27ste jaar van die 16de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
Gebeure Italië 3 Mei – Pous Clemens VII stel 5 nuwe kardinale aan, almal uit Italië. 6 Mei – Keiser Karel V se Lutherse troepe plunder Rome en Pous Clemens VII vlug na die Engeleburg. 21 November – Voor hy Rome verlaat stel Pous Clemens VII nog 7 nuwe Italiaanse kardinale aan. 6 Desember – Pous Clemens VII verlaat die verwoeste Rome. 7 Desember- Pous Clemens VII stel Francisco de los Angeles Quiñones, generaal van die Franciskane aan as kardinaal. 20 Desember – Pous Clemens VII stel Francesco Comaro senior, 'n patrisiër uit Venesië aan as kardinaal. 26 Desember – Giovanni Angelo Medici (later Pous Pius IV) vestig hom in Rome.
Swede Gustav I van Swede roep die riksdag saam in f Västerås en daar word besluit om die leer van Luther oor te neem en die besit van die kerk te konfiskeer.
Indië Die Slag van Kanwah. Babur verslaan Rana Sanga en Afgane.History of Medieval India: From 1000 A.D. to 1707 A.D. , Atlantic Publishers & Dist, 2002, ,
Geboortes 21 Mei – Filips II van Spanje, heerser van Kastilië († 1598). John Dee – Alchemis en astroloog raadgewer van Koningin Elizabeth I van Engeland.
Sterftes 21 Junie – Niccolò Machiavelli, Italiaanse historikus en politiese skrywer (* 1469).
Verwysings
Kategorie:16de eeu