Hierdie artikel handel oor die Suid-Ndebeletaal. Vir die etniese groep van Suider-Afrika, sien Ndebeles.

duimnael|links|Suid-Afrikaanse distrikte met 'n meerderheid van Suid-Ndebeletaliges in 2011: duimnael|links|Geografiese verspreiding van Suid-Ndebele in Suid-Afrika ná bevolkingsdigtheid per vierkante kilometer in 2011: duimnael|Tweetalige teken in Afrikaans en Suid-Ndebele by die Pretoriase Kunsmuseum

Suid-Ndebele (meestal net Ndebele in Suid-Afrika, ook isiNdebele in Ndebele) is 'n taal in die Nguni-taalfamilie. Dit is een van die twaalf amptelike landstale van Suid-Afrika waar dit deur ongeveer 1 090 000 mense as moedertaal gepraat word (2011-sensus), hoofsaaklik in Mpumalanga, Gauteng, Noordwes en die Limpopoprovinsie.

Suid-Ndebele is baie nou verband aan Swazi. In Suid-Afrika is daar dialektiese verskille tussen die taal in die noorde en die suide van die ou Transvaal, bv. in Noord-Transvaalse Ndebele word die taal Nrebele genoem, en daar is verdere dialektiese verskille tussen Suid- en Noord-Ndebele. Die laasgenoemde staan ook bekend as Matabele, is nader verwant aan Zoeloe en word in Suid-Afrika, Zimbabwe en Botswana gepraat.

In die onlangse geskiedenis word Suid-Ndebele erg gemarginaliseer: tot en met die stigting van die Ndebele Bantoestan, KwaNdebele, was mense ontmoedig om die taal in die openbaar te gebruik. Meeste sprekers verkies om Zoeloe te praat, grootliks te danke daaraan dat laasgenoemde taal in skole aangebied word. Deesdae vaar die taal beter, en geniet beter beskerming omrede sy status as amptelike taal in Suid-Afrika.

Woorde Algemene woorde en frases: Afrikaans isiNdebele Welkom Siyaalemukela Dankie Ngiyathokoza Goeiedag / Hallo Lotjhani Totsiens Usale kuhle (bly wel) / Uhambe kuhle (gaan wel) Rook verbode Akubhenywa Geen ingang Akungenwa Pasop vir die trap Tjheja la ugadanga khona Pasop! Yelela! Veels geluk met jou verjaarsdag Ilanga elimnandi lamabeletho Seisoengroete Izilokotho Ezihle Zamaholdeni Geseënde Kersfees Ukresimusi omnandi Geseënde Kersfees en voorspoedige Nuwejaar Ukresimusi omnandi nonyaka omutjha omuhle

Sien ook Tale in Suid-Afrika

Verwysings

Eksterne skakels en bronne

Taalhulpmiddels Vry en gratis Suid-Ndebele speltoetser vir OpenOffice, Mozilla Firefox en Mozilla Thunderbird

Sagteware in Suid-Ndebele Mozilla Firefox - webblaaier Mozilla Thunderbird - e-posprogram OpenOffice.org - kantoorsuite Translate.org.za - 'n Projek om vrye en oopbronsagteware in Suid-Ndebele en ander Suid-Afrikaanse tale te vertaal Pootle - aanlyn vertaling van Suid-Ndebele oopbronsagteware

Kategorie:Nguni-tale Kategorie:Tale van Suid-Afrika