Die jaar 1596 was 'n skrikkeljaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Maandag begin het. Dit was die 96ste jaar van die 16de eeu n.C. In teenstelling met gewone jare het die jaar 366 dae en 'n 29 Februarie gehad.

Gebeure 3 April – Alessandro Ottaviano de' Medici (later Pous Leo XI) word pouslike gesant na Frankryk. 5 Junie – Pous Clemens VIII stel sestien nuwe kardinale aan waaronder sy familielid Gian Francesco Biandrate di San Giorgio Aldobrandini en Camillo Borghese (later Pous Paulus V). 18 Desember – Pous Clemens VIII stel Philipp Wilhelm von Bayern aan as kardinaal.

Geboortes 31 Maart – René Descartes, Franse wysgeer, wiskundige en natuurwetenskaplike († 1650) 12 Julie – Michail van Rusland, tsaar van Rusland († 1645) 4 September – Constantijn Huygens, 'n digter, komponis, argitek, diplomaat en geleerde van die Nederlandse Goue Eeu († 1687).

Sterftes 28 Januarie – Sir Francis Drake 'n Engelse Admiraal en ontdekkingsreisiger (* 1540). 9 September – Anna van Pole, was 'n Pools-Litause prinses (* 1523)

Kategorie:16de eeu