5 Desember is die 339ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (340ste in skrikkeljare). Daar volg nog 26 dae in die res van die jaar.

Gebeure 1212 – Die meerderheid Duitse prinse vervang Otto IV met Frederik II as keiser. 1387 – Pous Urbanus VI stel Cosimo de' Migliorati (later Pous Innocentius VII) aan as aartsbiskop van Ravenna. 1484 – Pous Innocentius VIII publiseer die bul Summis desiderantes affectibus wat die heksejag instel. 1492 – Christophorus Columbus word die eerste Europeër wat voet aan wal sit op die eiland Hispaniola (nou Haïti en die Dominikaanse Republiek). 1590 – Pous Gregorius XIV volg Pous Urbanus VII op as pous van die Rooms-Katolieke Kerk. 1931 – Katedraal van Christus die Verlosser in Moskou is vernietig deur 'n bevel van Josef Stalin. 1933 – Die Prohibisie (verbod op alkoholiese drank) in die Verenigde State eindig toe die Een-en-twintigste wysinging aan die Amerikaanse Grondwet bekragtig word. 1934 – Die Verenigde Party gestig met genls. James Barry Munnik Hertzog as leier en Jan Christian Smuts as onderleier. 1936 – Die 1936 Sowjetgrondwet, ook bekend as die "Stalingrondwet", word aangeneem. 1945 – Vlug 19, 'n eskader van vyf Grumman TBF Avenger torpedobomwerpers van die Amerikaanse Vloot, verdwyn in die Bermudadriehoek.

Geboortes 1443 – Giuliano della Rovere, (later Pous Julius II), 216de pous van die Rooms-Katolieke Kerk († 1513). 1782 – Martin Van Buren, agste President van die Verenigde State († 1862). 1867 – Józef Piłsudski, president van Pole († 1935). 1888 – Tienie Holloway, Afrikaanse skrywer van kinderliteratuur († 1967). 1894 – Charles Robberts Swart, laaste Goewerneur-generaal van die Unie van Suid-Afrika en eerste Staatspresident van die Republiek van Suid-Afrika († 1982). 1901 – Walt Disney, Amerikaanse animeerder en sketskunstenaar († 1966). 1903 – Johannes Heesters, Nederlands-Duitse akteur en sanger († 2011). 1905 – Otto Preminger, Oostenryk gebore, Amerikaanse regisseur († 1986). 1907 – Lin Biao, Chinese maarskalk en politikus († 1971). 1914 – Hans Hellmut Kirst, Duitse skrywer († 1989). 1927 – Bhumibol Adulyadej, koning van Thailand († 2016). 1932 – Ray Austin, Engelse akteur, regisseur, en vervaardiger († 2023). 1932 – Little Richard, Amerikaanse sanger († 2020). 1953 – Gwen Lister, Namibiese redakteur. 1985 – Frankie Muniz, Amerikaanse akteur.

Sterftes 1791 – Wolfgang Amadeus Mozart, Oostenrykse komponis van Salzburg (* 1756). 1891 – Dom Pedro II, tweede en laaste keiser van Brasilië (* 1825). 1918 – Schalk Willem Burger, Transvaalse politikus en waarnemende president (* 1852). 1926 – Claude Monet, impressionistiese kunsskilder van Giverny, Frankryk (* 1840). 1834 – Thomas Pringle, Suid-Afrika se eerste Engelstalige digter en een van die baanbrekers vir persvryheid (* 1789). 1941 – Amrita Sher-Gil, Indiese skilderes (* 1913). 1972 – Kenny Dorham, Amerikaanse jazz-trompetspeler en -komponis (* 1924). 1990 – Peter Blum, Afrikaanse digter (* 1925). 2007 – Karlheinz Stockhausen, Duitse komponis (* 1928). 2012 – Oscar Niemeyer, Brasiliaanse argitek (* 1907). 2012 – Dave Brubeck, Amerikaanse jazz pianis (* 1920). 2013 – Nelson Mandela, Suid-Afrikaanse politikus en staatsman, eerste demokraties verkose president van Suid-Afrika (1994–1999) (* 1918). 2017 – Johnny Hallyday, Franse musikant, sanger en akteur (* 1943). 2018 – Alex Boraine, Suid-Afrikaanse politikus, skrywer en voormalige kerkleier (* 1931). 2022 – Kirstie Alley, Amerikaanse aktrise, vervaardiger en skryfster (* 1951). 2024 – John Williams, Suid-Afrikaanse rugbyafrigter (* 1946). 2024 – Christel Bodenstein, Duitse aktrise (* 1938). 2025 – Frank Gehry, Kanadees-Amerikaanse argitek (* 1929).

Vakansies, vierings en waarnemingsdae

Kategorie:Desember