120px|duimnael|regs|Kopiereg-simbool
Kopiereg of outeursreg is 'n vorm van intellektuele eiendom wat die houer daarvan geregtig om die kopieer en gebruik van 'n oorspronklike, kreatiewe uiting, soos 'n literêre werk, rolprente, musikale werk of klankopname, skildery, rekenaarprogram of 'n industriële ontwerp te beperk vir 'n gedefinieerde tydperk. In Suid-Afrika word kopiereg gereël deur die Wet op outeursreg en word die tydperk waarvolgens die beskerming voor geldig is gedefinieer as 50 jaar na die eerste bekendstelling aan die publiek of 50 jaar na die afsterwe van die outeur indien die werk nie tydens die outeur se leeftyd gepubliseer is nie.
Die regte afdwingbaar onder kopieregbeskerming dek slegs die gebruik van ontasbare goedere— die storie wat in 'n boek vertel word is beskerm teen misbruik eerder as die kopie self, of die vorm van 'n beeldhouwerk eerder as die fisiese gekerfde rots. Kopieregte beskerm nie idees nie, wat eerder die domein van patente beslaan (indien enigsins), maar eerder die uitdrukking van die idee. 'n Kopiereg op 'n tekenprentkarakter soos bv. Mickey Muis, kan nie ander verhoed om ook pratende muise te skep nie, maar slegs keer dat hulle nie die karakter en kenmerke van die muis te naby kan namaak nie.
Kopiereg funksioneer soortgelyk aan patente in die sin dat hulle albei die uitsluitlike regte toeken oor hulle onderskeie onderwerpe en wat afdwingbaar is teen enigeen (behalwe vir 'n paar uitsonderings hieronder bespreek). Dit staan in teenstelling met handelsmerkbeskerming, wat byna altyd slegs teen mededingers in dieselfde mark afgedwing kan word en slegs vir beperkte kommersiële gebruike. Verder word kopiereg- en patentbeskerming, in teenstelling met handelsmerke, vasgestel vir 'n statutêr gedefinieerde tydperk, waartydens die kopiereg eienaar nie noodwendig van sy werk gebruik hoef te maak om te keer dat ander dit wel doen nie.
Na afloop van die termyn betree die beskermde werk die publieke domein en is vrylik beskikbaar vir gebruik deur enigeen.
Agtergrond
Regte van 'n houer van kopiereg 'n Eienaar van kopiereg het tipies die volgende uitsluitlike regte:
om kopieë te maak en te verkoop van die werk (insluitende elektroniese kopieë) om die werk in of uit te voer om afgeleide werke te skep om die werk in die openbaar op te voer om die regte te verkoop of aan ander toe te ken
Wat beteken word deur die term "uitsluitlike reg" is dat die kopieregeienaar en slegs die eienaar van die kopiereg die reg het om bostaande aksies te neem; alle ander persone word verbied om dit te doen sonder die kopieregeienaar se toestemming. Kopiereg word dikwels 'n "negatiewe reg" genoem, om te beklemtoon dat dit minder te doen het met mense toestemming (bv. skrywers) te gee om iets te doen, as wat dit te doen het met mense te verbied (bv. lesers, kykers of luisteraars) om iets te doen d.w.s. die beskermde werk te kopieer.
Oordrag van regte Kopiereg mag toegeken, verkoop of opgesê word. Dikwels sal 'n kopiereghouer deur middel van 'n kontrak sy kopiereg oordra aan 'n maatskappy. 'n Musikant wat 'n opname maak kan byvoorbeeld 'n onderneming aangaan met 'n platemaatskappy waarin hy instem om al sy kopieregte in die opnames aan die maatskappy oor te dra in ruil vir tantième of ander voorwaardes. Die vraag mag dalk opduik oor waarom 'n kopieregeienaar dan ooit sy regte sou opsê. Die antwoord is natuurlik dat groot maatskappye vervaardigings- en bemarkingsvermoëns vêr buite die bereik van die betrokke skrywer het. In die digitale era van musiek kan musiek gekopieer en versprei word teen minimale koste oor die internet, maar plate etikette (Engels: Record label) poog om 'n promosie- en bemarkingsdiens te lewer wat die kunstenaar aan 'n wyer publiek bekend stel. 'n Kopiereghouer hoef egter nie noodwendig al sy regte oor te dra nie. Sommige van die regte kan oorgedra word, of die kopiereghouer kan 'n ander party 'n nie-uitsluitlike lisensie gee om die werk te kopieer en te versprei in 'n bepaalde gebied.
Idee-uitdrukking verdeling en die verbindingsleerstelling Kopiereg sluit die uitdrukking van 'n idee in en nie die idee self nie — dit word genoem die idee-uitdrukking verdeling. As 'n boek byvoorbeeld geskryf word wat 'n nuwe manier beskryf om boeke in 'n biblioteek te organiseer, kan die leser vryelik gebruik maak van die metode daarin beskryf en dit ook aan ander verduidelik sonder om regsaanspreeklik te wees; dit is slegs die manier waarop die oorspronklike skrywer die proses beskryf het wat deur kopiereg beskerm word. 'n Patent kan verkry word om 'n metode te beskerm. Samestellings van feite of data kan beskerm word as die feite geselekteer en gerangskik is op 'n oorspronklike metode, maar dit sal slegs die grootskaalse reproduksie van die seleksie en rangskikking keer aangesien die data en feite nie self beskerm word nie.
In sommige gevalle kan 'n idee slegs op een of 'n beperkte aantal maniere uitgedruk word. Die uitdrukking is in sulke gevalle onbeskermd of die beskerming is slegs beperk tot woordelikse kopiëring. In die Verenigde State staan dit bekend as die verbindingsleerstelling (Engels: merger doctrine), omdat die uitdrukking beskou word as sou dit onlosmaakbaar verbind te wees aan die idee.
Die eerste verkoping leerstelling Neem kennis dat kopiereg nie die verkoop of herverkoop van kopieë van werke beskerm nie, op voorwaarde dat daardie kopieë gemaak is met die goedkeuring van die oorspronklike eienaar van die kopiereg. Dit is wettig om dus byvoorbeeld 'n boek te herverkoop wat jy aangekoop het op voorwaarde dat jy nie 'n kopie vir jouself hou nie. In die Verenigde State staan dit bekend as die eerste verkoping leerstelling, en is daar in die howe gevestig om die wetlike aspekte van die herverkoop van boeke uit te klaar.
Onderhewig aan morele regte, verhoed kopiereg ook nie die eienaar van 'n fisiese kopie van 'n werk om dit te wysig, te ontsier, vernietig ens. nie, solank as wat die aksie nie duplisering behels nie.
Billike gebruik en handeling Kopiereg verbied nie alle vorme van kopiëring nie. In die VSA, word die billike gebruik leersteling in die wet opgeneem en laat reproduksie en verspreiding toe. Die wet daar definieer nie duidelik wat billike gebruik is nie, maar gee eerder vier nie-eksklusiwiteitsfaktore om te oorweeg vir die evaluering van billike gebruik. Ander lande het ook wette wat die konsep van billike gebruik insluit, maar dit word hoofsaaklik gebou deur geregtelike presedent en is swak gedefinieer (veral in die Suid-Afrikaanse wet).
Statutêre en verpligte lisensies In sommige regsgebiede word daar voorsiening gemaak vir 'n sekere klas beskermde werke (bv. musikale werke in die V.S.A.) wat onderhewig is aan 'n statutêre lisensie (wat blykbaar nie in die R.S.A. van toepassing is nie). Dit word ook 'n verpligte lisensie genoem aangesien onder hierdie reëling enigeen wat 'n kopie van sodanig beskermde werk wil maak dit kan kopieer sonder toestemming van die eienaar van die kopiereg, maar moet eenvoudig die vereiste kennisgewing indien en die voorgeskrewe fooi deur die statuut, betaal. Aangesien dit moeilik is om die proses vir elke indiwiduele werk te volg is organisasies soos kopieregverenigings en uitvoerende kunste-organisasies gestig. Voorbeelde hiervan is BMI, RIAA, en MPAA wat gevorm is om die regte op baie werke op een slag te kan verkoop. Hierdie markgedrewe oplossing omseil die statutêre lisensies maar die beskikbaarheid van statutêre lisensies help om die prys binne perke te hou. Dit wil sê so laag as wat die vermyding van burokratiese prosedure dit regverdig.
Hoe kopiereg verkry en afgedwing word Tipies moet 'n werk aan sekere minimum standaarde van oorspronklikheid voldoen om te kwalifiseer vir kopiereg. Verskillende lande het verskillende toetse waaraan die werk moet voldoen, al is die toets oor die algemeen nie baie streng nie; in die Verenigde Koninkryk moet daar bewys wees van 'n mate van 'vaardigheid, oorspronklikheid en werk' wat in die werk ingesit is. Oor die algemeen is klein hoeveelhede van dié elemente egter voldoende.
In die Verenigde State van Amerika, kan die oorspronklike eienaar van die kopiereg die werkgewer van die eintlike outeur wees eerder as die eienaar self as die werk 'n werk vir vergoeding is. Die Engelse reg maak voorsiening dat waar 'n werk wat deur kopiereg beskerm word en geskep is deur 'n werkgewer as deel van sy werk, die kopiereg outomaties aan die werkgewer toegeken word.
Kopiereg word algemeen afgedwing deur die eienaar in 'n siviele hof, maar daar bestaan ook statute wat kriminele vervolging moontlik maak. Kriminele sanksies word algemeen gemik op ernstige vervalsingsaktiwiteite, maar mag meer algemeen begin word noudat kopieregverenigings soos die RIAA meer en meer hulle visiere op lêerdeling deur tuis internetgebruikers stel. Tot dusver is die meeste van hierdie gevalle buite die hof geskik na eise van betaling van etlike duisende dollar deur die organisasie onder die dreigement van eise. Dus bereik baie van die sake uiteindelik selde selfs die siviele howe.
Kopieregkennisgewings Vanweë ouer wetlike vereistes is die meeste werke soos boeke en rolprente vervaardig met 'n kopieregkennisgewing. Die kennisgewing deur die statute gespesifiseer moes bestaan uit die letter c binne in 'n sirkel ©, of die woord "kopiereg", gevolg deur die jaar van die kopiereg en die kopiereg eienaar se naam. Sekere alternatiewe vorme was toegelaat vir sekere tipe werke.
Die doelwit was om enige potensiële verbruikers in kennis te stel dat die werk deur kopiereg beskerm word.
Hierdie vereiste is egter sedert 1989 in die V.S.A., byna geheel en al opsioneel gemaak. Met die uitsondering van 'n paar lande wat steeds die kennisgewing op die werk vereis, is die vereiste ook algemeen opsioneel behalwe waar die werke geskep is voordat daardie land 'n lid geword het van die Berne Konvensie vir die beskerming van literêre en artistieke werke, andersyds ook bekend as die Berne Unie, of Berne Konvensie.
Kennisgewing word nie vereis vir die werk om die wetlike beskerming te geniet in nasies wat hulself tot die Berne Konvensie verbind het nie. Kopiereg kennisgewing kan dit egter makliker maak om skadevergoeding te eis vir kopieregskendings, aangesien dit die eiser toelaat om aan te voer dat die oortreder se skending doelbewus was.
Die simbool, ©, is die Unicode simbool 00A9 in heksadesimaal, en kan in (X)HTML ingevoer word as ©, ©, of ©
Jaar van kopiereg Die jaar of jare van kopiereg word gelys na die © simbool. As die werk gewysig is (d.w.s. 'n nuwe uitgawe) sal daar meer as een jaar gelys wees.
Alle regte voorbehou Die uitdrukking, Alle regte voorbehou was 'n formele kennisgewing dat alle kopieregte onder die kopieregwet behou word deur die kopiereg eienaar en dat enige kopieregskending wetlike vervolging tot gevolg sou hê. Dit was 'n gevolg van die Buenos Aires Konvensie van 1910 wat vereis het dat 'n stelling oor die reservering van regte gemaak moes word om die regte internasionaal van toepassing te maak op lidlande van die Buenos Aires Konvensie. Terwyl die stelling nog algemeen voorkom is die kennisgewing nou oorbodig aangesien elke land wat lede was van die Buenos Aires Konvensie nou ook lede is van die Berne Konvensie, wat bepaal dat kopiereg geldig kan wees sonder enige formele kennisgewing.
Kopiereg op lettertipes In die Verenigde State bestaan daar geen kopiereg op die ontwerp van lettertipes nie, patentreg kan egter verkry word indien dit oorspronklik genoeg is.
In Europa, Duitsland (in 1981) en die Verenigde Koninkryk (in 1989) is wette uitgevaardig om beskerming aan lettertipes te verleen. Die wet in die Verenigde Koninkryk is selfs terugwerkend, dus kan ontwerpe wat voor 1989 geproduser is ook beskerming verkry, op voorwaarde dat die kopieregtermyn nie reeds verval het nie. Die Duitse wet is nie terugwerkend nie.
Regte buiten normale kopiereg