3 Desember is die 337ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (338ste in skrikkeljare). Daar volg nog 28 dae in die res van die jaar.
Gebeure 1334 – Pous Johannes XXII trek sy sienings oor die lewe na die dood terug op sy sterfbed. 1477 – Giuliano della Rovere (later Pous Julius II) word biskop van Viviers. 1818 – Illinois word die 21ste deelstaat van die Verenigde State. 1904 – Jupiter se maan Himalia word deur Charles Dillon Perrine ontdek. 1967 – Die wêreld se eerste menslike hartoorplanting vind onder leiding van Chris Barnard in Kaapstad plaas. 1971 – Indië kondig ’n noodtoestand aan nadat Pakistanse vliegtuie noordwes-Indië aanval in ’n dispuut oor Kasjmir. 1973 – Pioneer 10 beweeg op 'n afstand van 130 000 km langs Jupiter verby en stuur die eerste detailopnames na die aarde. 1984 – Die Bhopal-gasramp, die wêreld se ergste nywerheidsongeluk veroorsaak ten minste 18 000 sterftes in die Indiese stad Bhopal. 1999 – Die Mars-poollandingstuig bereik Mars en verdwyn. 2024 – Suid-Koreaanse president Yoon Suk-yeol kondig krygswet af in Suid-Korea tydens 'n laataand-toespraak.
Geboortes 1368 – Karel VI van Frankryk, koning van Frankryk († 1422). 1736 – Abraham Josias Sluysken, waarnemende kommissaris aan die Kaap voor die eerste Britse besetting († 1799). 1797 – Andrew Smith, Skotse dierkundige in Suid-Afrika († 1872). 1800 – France Prešeren, Sloweense digter († 1849). 1812 – Hendrik Conscience, Vlaamse skrywer († 1883). 1843 – William Forbes Gatacre, Britse generaal tydens die Tweede Vryheidsoorlog († 1906). 1857 – Joseph Conrad, Engelse skrywer († 1924). 1864 – Herman Heijermans, Nederlandse skrywer († 1924). 1886 – Chris Euvrard, Afrikaanse skrywer van romans († 1984). 1893 – Rose Blumkin, Amerikaanse sakevrou († 1998). 1902 – Mitsuo Fuchida, 'n Japannese kaptein in die Japannese Keiserlike Vlootlugmag († 1976). 1908 – Dulcie Howes, Suid-Afrikaanse ballerina en balletpionier († 1993). 1909 – Wim Hartman, Afrikaanse skrywer († 1966). 1930 – Jean-Luc Godard, Frans-Switserse filmregisseur, draaiboekskrywer en filmkritikus († 2022). 1936 – Mary Alice, Amerikaanse aktrise († 2022). 1942 – Pedro Rocha, Uruguaanse sokkerspeler († 2013). 1948 – Ozzy Osbourne, Engelse sanger († 2025). 1952 – Mel Smith, Britse skrywer, akteur en regisseur († 2013). 1954 – Etienne van Heerden, Suid-Afrikaanse skrywer. 1955 – Bruce Fordyce, Suid-Afrikaanse maraton- en ultramaratonatleet. 1976 – Mark Boucher, Suid-Afrikaanse krieketspeler en -afrigter. 1980 – Suléne Pilon, taalkundige aan die Universiteit van Pretoria se Departement Afrikaans en voorsitter van die Taalkommissie.
Sterftes 311 – Diocletianus, keiser van die Romeinse Ryk (* 244). 1154 – Pous Anastasius IV, 168ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* onbekend). 1888 – Carl Zeiss, Duitse nyweraar en optikus (* 1816). 1948 – Jannie Hofmeyr, Suid-Afrikaanse geleerde en politikus (* 1894). 1967 – Denise Darvall, hartskenker vir die eerste menslike hartoorplanting (* 1942). 2001 – Marike de Klerk, eerste vrou van die voormalige Staatspresident van Suid-Afrika, F.W. de Klerk (* 1937). 2018 – Justin Cartwright, Britse skrywer (* 1945). 2024 – Jan Bloukaas, Suid-Afrikaanse musikant (* 1999).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae Geen
Gepubliseer Teologie 1740 – Ubi Primum, Oor die pligte van biskoppe, deur Pous Benedictus XIV. 1749 – Inter praeteritos, Oor die komende Heilige Jaar, deur Pous Benedictus XIV. 1839 – In Supremo Apostolatus, Teen slawehandel, deur Pous Gregorius XVI.
Kategorie:Desember