4 Desember is die 338ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (339ste in skrikkeljare). Daar volg nog 27 dae in die res van die jaar.
Gebeure 963 – Keiser Otto I laat Pous Johannes XII afsit en vervang deur Pous Leo VIII. 1154 – Pous Adrianus IV volg Pous Anastasius IV op. 1563 – Pous Pius IV sluit die konsilie van Trente af. 1604 – Maffeo Barberini (later Pous Urbanus VIII) word pouslike legaat in Frankryk. 1639 – Jeremiah Horrocks neem die eerste Venusoorgang waar. 1791 – The Observer, die eerste Sondagkoerant, tans 'n invloedryke Britse dagblad, verskyn vir die eerste keer. 1829 – Die satigebruik, 'n Hindu begrafnisgebruik waarvolgens 'n weduwee haarself lewend op haar man se brandstapel offer, word deur lord William Bentinck in Brits-Indië verban. 1893 – Die Shangani-patrollie word deur die Matabeles uitgewis. 1977 – Die president van die Sentraal-Afrikaanse Republiek laat hom kroon as keiser Bokassa I. 1981 – Ciskei word 'n onafhanklike tuisland. 2014 – Chad le Clos stel 'n nuwe wêreldrekord op in die 100 m vlinderslag in 'n tyd van 48,44 sekondes tydens die kortbad-wêreldbyeenkoms in Doha. 2015 – President Xi Jinping van die Volksrepubliek China beloof in sy openingstoespraak by die Forum vir China-Afrika-Samewerking (FOCAC) spitsberaad, 'n bedrag van oor 'n tydperk van drie jaar in lenings en bystand aan die Afrika-kontinent, wat Afrika-China verhoudinge versterk.
Geboortes 1868 – Richard Roland Holst, Nederlandse beeldende kunstenaar († 1938). 1875 – Rainer Maria Rilke, Oostenrykse digter († 1926). 1877 – Morris Alexander, Suid-Afrikaanse Volksraadslid vir Kaapstad-Kasteel († 1946). 1881 – Erwin von Witzleben, Duitse generale veldmaarskalk tydens die Tweede Wêreldoorlog († 1944). 1892 – Francisco Franco, Spaanse militêre leier wat Spanje van 1939 tot sy dood as 'n diktator regeer het († 1975). 1898 – Maly Delschaft, Duitse aktrise († 1995). 1932 – Roh Tae-woo, Suid-Koreaanse politikus; president 1988-1993 († 2021). 1934 – Victor French, Amerikaanse akteur († 1989). 1936 – Joe Nhlanhla, Suid-Afrikaanse ANC-politikus († 2008). 1936 – Donnelly Rhodes, Amerikaanse akteur († 2018). 1949 – Jeff Bridges, Amerikaanse akteur, sanger en vervaardiger. 1951 – Patricia Wettig, Kanadese aktrise. 1954 – Tony Todd, Amerikaanse vervaardiger, en regisseur (* 2024). 1962 – Alexander Litvinenko, voormalige FSB-lid sterf in Londen na vermoedelike vergiftiging met polonium-210 († 2006). 1964 – Marisa Tomei, Amerikaanse aktrise. 1973 – Tyra Banks, Amerikaanse aktrise en fotomodel. 1984 – Lauren London, Amerikaanse aktrise.
Sterftes 1131 – Omar Khayyam, Persiese digter, wiskundige, sterrekundige (* 1048). 1334 – Pous Johannes XXII, die 196ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* 1249). 1642 – Armand Jean du Plessis de Richelieu, Franse kardinaal en staatsman (* 1585). 1679 – Thomas Hobbes, Engelse filisoof (* 1588). 1798 – Luigi Galvani, Italiaanse natuurkundige (* 1737). 1850 – William Sturgeon, Britse natuurkundige en uitvinder (* 1783). 1893 – Allan Wilson, Rhodesiese soldaat (* 1856). 1899 – Dr. J.J. Kotzé, leraar van die Nederduitse Gereformeerde Kerk (* 1835). 1910 – Johann Heinrich Ferdinand Parow, Kaapse eiendomsmagnaat (* 1833). 1932 – Gustav Meyrink, Oostenrykse skrywer (* 1868). 1933 – Stefan George, Duitse digter (* 1868). 1951 – Harry Allen, Amerikaanse akteur (* 1883). 1975 – Hannah Arendt, Joods-Amerikaanse politieke teoretikus van Duitse afkoms. (* 1906). 1976 – Benjamin Britten, Britse komponis (* 1913). 1990 – Edward Binns, Amerikaanse akteur (* 1916). 1993 – Frank Zappa, Amerikaanse rockmusikant en komponis (* 1940). 2015 – Robert Loggia, Amerikaanse akteur en regisseur (* 1930). 2019 – Ockie Oosthuizen, Springbokrugbyspeler (* 1955). 2024 – Brian Thompson, Amerikaanse sakeman en die hoof uitvoerende beampte van UnitedHealthcare (* 1974).
Vakansies, vierings en waarnemingsdae
Kategorie:Desember