Hoërskool Strand is 'n Afrikaanse hoërskool wat in Sarel Cilliersstraat, Strand, geleë is. Die skoolhoof is Danie Malan. Die skoolhoof voor hom was Christiaan Klopper, voormalige adjunkhoof van Paul Roos Gimnasium. Hy volg Sanette Nowers op, wat op haar beurt in 2010 by Christo P. Vorster oorgeneem het. Nowers, wat voorheen skoolhoof van Hoër Meisieskool Bloemhof in Stellenbosch was, is bevorder tot Direkteur: Metro-Sentraal Onderwysdistrik.
Die leerdertal staan in 2014 op 1 067.Find-A-School In 2013 huisves Hoërskool Strand die grootste matriekklas in sy geskiedenis, met 231 leerders wat die Nasionale Seniorsertifikaat skryf.Klaslyste van die alumnivereniging In 2014 het die matriekklas 195 leerders.
Skoollied Waar Valsbaai krom langs sonnig strand En golwe skuimend speel Daar pryk beroemd deur heel ons land Ons dorp se Hoërskool
Daar leer ons hoe ons lewe Aan plig en diens te wy Eerbiedig en opreg te wees Die kwade te bestry
Regverdig, eerlik, ruim van gees Getrou aan land en volk te wees Ons taal te handhaaf skoon te hou Met vreugd' en liefde voort te bou
Volhard en oorwin Roem ons skool sy naam Wyd deur Suid-Afrika sy faam
Noemenswaardige alumni Earl Rose, rugbyspeler Robbie Wessels, Afrikaanse sanger Uzair Cassiem, rugbyspeler Colin Beck, rugbyspeler Gino Cupido, rugbyspeler
Verwysings
Eksterne skakels
Suidooster, die skoolkoerant
Hoërskool Strand alumniwebwerf Find-A-School
Kategorie:Skole in die Wes-Kaap