Die Abel Erasmuspas is 'n bergpas in die noordoostelike Drakensberg van Suid-Afrika. Die pas is 11 km lank en geleë tussen Hoedspruit en Ohrigstad.

Die pas is genoem na 'n bekende boer en staatsamptenaar in die dae van die Zuid-Afrikaansche Republiek. Vanaf Ohrigstad daal die R36-hoofpad na die Laeveld en volg 'n ou Voortrekkerpad. Die pas sluit die J.G. Strijdomtonnel in, genoem na die eertydse Eerste Minister van Suid-Afrika adv. J.G. Strijdom. Die tonnel is in 1959 voltooi en is 134 m lank.

Sien ook Lys van bergpasse in Suid-Afrika

Bron Raper, Peter Edmund. 2020. Plekname van Suider-Afrika. Protea Boekhuis. Pretoria.

Kategorie:Bergpasse van Suid-Afrika Kategorie:Limpopo