duimnael|links|Die NG kerk in Wellington Drakenstein is 'n Wes-Kaapse Plaaslike Munisipaliteit waarvan die vernaamste dorpe die Paarl en Wellington in die Boland is. Dit val onder beheer van die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit.

Met 'n bevolking volgens die sensus van 2011 van 251 262 is Drakenstein die naasgrootste munisipaliteit in die provinsie. Die grootste bevolkingsgroep in daardie jaar was die bruines op 157 029, gevolg deur 56 963 swartes, 33 959 blankes en 998 Indiërs/Asiërs. x250px|duimnael|Burgersentrum van die munisipaliteit gesetel in die Paarl Nedersettings Nedersettings in die munisipaliteit sluit in: Gouda Paarl (setel) Saron Wellington

Besienswaardighede Die Paarl en Wellington is albei geskiedkundig belangrike dorpe van Suid-Afrika. Vele bekende Suid-Afrikaners is hier gebore of het 'n lang tyd hier gewoon. In Wellington byvoorbeeld die digter Jan F.E. Cilliers, politikus genl. J.B.M. Hertzog skrywers Adam Small en Breyten Breytenbach, Voortrekkerleier Piet Retief, predikante di. Bernard Petrus Jacobus Marchand en George Stephanus Malan, Japie Hauptfleisch en die vegvlieënier Sailor Malan en in die Paarl Elsa Joubert, Chester Williams en Totius.

Onderwys Drakenstein is een van die vernaamste opvoedkundige sentra in die land met roemryke skole soos die Hoër Meisieskool La Rochelle, Hoër Jongenskool Paarl, Paarl Gimnasium, Hoër Meisieskool Paarl (almal in die Paarl) en Hugenote-Hoërskool (in Wellington). Die Bolandse afdeling van die Skiereilandse Universiteit van Tegnologie en die Hugenote Kollege is ook in Wellington geleë. Burgemeesters Naam Termyn Party Christian Johannes George Leander 2000–2002 NNP Herman Bailey 2002–2006 NNP Charmaine Manuel 2006–2007 ANC Koos Louw 2007 DA Charmaine Manuel 2007–2011 ANC Gesie van Deventer 2011–2016 DA Conrad Poole 2016–2024 DA Stephen Korabie 2024–hede DA

Verwysings

Kategorie:Wes-Kaap