Bonner SC is 'n sportklub uit Bonn in die deelstaat Noord-Rynland-Wesfale in Duitsland, veral bekend vir sy sokkerafdeling. Behalwe sokker, het die klub ook 'n afdeling vir tafeltennis. Tussen 1967 en 1997 het die klub ook 'n rugby-afdeling gehad.
Op 18 Junie 1965 het Bonner FV 01 en TuRa Bonn saamgesmelt om Bonner SC te vorm. Beide klubs het in die 1930’s op die hoogste vlak gespeel in die Gauliga Middel-Ryn. TuRa het in 1936 tweede in die liga geëindig.
BFV 01 het ook later in die Oberliga Wes gespeel, die hoogste vlak voor die instelling van die Bundesliga.
Onlangse ligaplekke 1965–1966 (III) Amateurliga Middel-Ryn 2de 1966–1967 (II) Regionalliga Wes 17de 1967–1968 (III) Amateurliga Middel-Ryn 1ste 1968–1969 (II) Regionalliga Wes 15de 1969–1970 (II) Regionalliga Wes 13de 1970–1971 (II) Regionalliga Wes 17de 1965–1972 (III) Amateurliga Middel-Ryn 7de 1965–1973 (III) Amateurliga Middel-Ryn 2de 1965–1974 (III) Amateurliga Middel-Ryn 4de 1965–1975 (III) Amateurliga Middel-Ryn 1ste 1976–1977 (II) 2.Bundesliga Noord 16de 1965–1978 (III) Amateurliga Middel-Ryn 2de 1978–1979 (III) Am.Oberliga Noord-Ryn 7de 1979–1980 (III) Am.Oberliga Noord-Ryn 10de 1980–1981 (III) Am.Oberliga Noord-Ryn 16de 1985–1986 (III) Am.Oberliga Noord-Ryn 4de 1986–1987 (III) Am.Oberliga Noord-Ryn 4de 1987–1988 (III) Am.Oberliga Noord-Ryn 4de 1988–1989 (III) Am.Oberliga Noord-Ryn 4de 1989–1990 (III) Am.Oberliga Noord-Ryn 4de 1990–1991 (III) Am.Oberliga Noord-Ryn 4de 1991–1992 (IV) Verbandsliga Middel-Ryn 2de 1992–1993 (III) Am.Oberliga Noord-Ryn 4de 1993–1994 (III) Am.Oberliga Noord-Ryn 6de 1994–1995 (III) Regionalliga W/SW 12de 1995–1996 (III) Regionalliga W/SW 19de 1996–1997 (IV) Oberliga Noord-Ryn 1ste 1997–1998 (III) Regionalliga W/SW 16de 1998–1999 (IV) Oberliga Noord-Ryn 13de 1999-2000 (IV) Oberliga Noord-Ryn 15de 2000-2001 (V) Verbandsliga Md-Ryn 1ste 2001-2002 (IV) Oberliga Noord-Ryn 10de 2002-2003 (IV) Oberliga Noord-Ryn 12de 2003-2004 (IV) Oberliga Noord-Ryn 15de 2004-2005 (IV) Oberliga Noord-Ryn 16de 2005-2006 (IV) Oberliga Noord-Ryn 2de 2006-2007 (IV) Oberliga Noord-Ryn 4de 2007-2008 (IV) Oberliga Noord-Ryn
Eksterne skakels Amptelike klubblad Abseits Guide to German Soccer
Oberliga Noord-Ryn 2007/08-seisoenAlemannia Aken II | SSG 09 Bergisch Gladbach | Bonner SC | FC Germania Dattenfeld MSV Duisburg II | TuRU Düsseldorf | Fortuna Düsseldorf II | Swartwit Essen VfB Homberg | 1. FC Kleve | 1. FC Keulen II | Bayer 04 Leverkusen II VfL Borussia Mönchengladbach II | VfB Speldorf | SV 19 Straelen | KFC Uerdingen 05 SSVg Velbert | Wuppertaler SV Borussia II
Bonn