Bayer 04 Leverkusen is 'n Duitse sportklub uit die stad Leverkusen in die deelstaat Noordryn-Wesfale, waarvan veral die sokkerafdeling bekend is. Die klub het ook afdelings vir onder meer handbal, vlugbal en basketbal. Die klub se tuisveld, die Ulrich-Haberland-stadion, staan sedert 1999 as die BayArena bekend.

Die klub is op 1 Julie 1904 gestig as die Turn- und Sportverein Bayer 04 Leverkusen e. V., 'n sportklub vir die werknemers van die maatskappy Bayer AG (destyds nog bekend as Friedrich Bayer & Kie). Op 31 Mei 1907 is die sokkerafdeling gestig en op 8 Junie 1928 het die sokkerafdeling (saam met van die ander afdelings) onafhanklik geword as die Sportvereinigung Bayer 04 Leverkusen. Die gimnastiekafdeling het egter voortgegaan as TuS Bayer 04 Leverkusen. Die twee afdelings het eers weer in 1984 saamgesmelt en die huidige klub gevorm.

Die klub het die eerste keer in 1951 op die hoogste vlak meegeding toe die Oberliga Wes gehaal is. Met die stigting van die Bundesliga het die klub egter op die tweede vlak meegeding en die Bundesliga is eers in 1979 vir die eerste keer gehaal.

Leverkusen se eerste groot sukses is in 1988 behaal met die verowering van die UEFA-beker deur Espanyol in die eindstryd met strafskoppe te verslaan. Nog 'n hoogtepunt was die verowering van die DFB-Pokal in 1993. In die Bundesliga was die klub veral in die laaste jare redelik suksesvol gewees met vyf tweede plekke. In 2024 kon die klub sy belangrikste sukses behaal en vir die eerste keer die Bundesliga wen, waarmee hulle as Duitse sokkerkampioen gekroon is.

Erelys Duitse sokkerkampioen (1) 2023/24

DFB-Pokal (1) 1993

UEFA-beker (1) 1988

'''UEFA kampioeneliga-finalis: 2002 (verloor met 1–2 teen Real Madrid)

Onlangse ligaposisionering 1963–64 (II) Regionalliga Wes 12de 1964–65 (II) Regionalliga Wes 16de 1965–66 (II) Regionalliga Wes 14de 1966–67 (II) Regionalliga Wes 10de 1967–68 (II) Regionalliga Wes 1ste 1968–69 (II) Regionalliga Wes 8ste 1969–70 (II) Regionalliga Wes 11de 1970–71 (II) Regionalliga Wes 7de 1971–72 (II) Regionalliga Wes 8ste 1972–73 (II) Regionalliga Wes 17de 1973–74 (III) Amateurliga Middel-Ryn 1ste 1974–75 (III) Amateurliga Middel-Ryn 1ste 1975–76 (II) 2.Bundesliga Noord 15de 1976–77 (II) 2.Bundesliga Noord 10de 1977–78 (II) 2.Bundesliga Noord 8ste 1978–79 (II) 2.Bundesliga Noord 1ste 1979–80 (I) Bundesliga 12de 1980–81 (I) Bundesliga 11de 1981–82 (I) Bundesliga 16de 1982–83 (I) Bundesliga 11de 1983–84 (I) Bundesliga 7de 1984–85 (I) Bundesliga 13de 1985–86 (I) Bundesliga 6de 1986–87 (I) Bundesliga 6de 1987–88 (I) Bundesliga 8ste 1988–89 (I) Bundesliga 8ste 1989–90 (I) Bundesliga 5de 1990–91 (I) Bundesliga 8ste 1991–92 (I) Bundesliga 6de 1992–93 (I) Bundesliga 5de 1993–94 (I) Bundesliga 3de 1994–95 (I) Bundesliga 7de 1995–96 (I) Bundesliga 14de 1996–97 (I) Bundesliga 2de 1997–98 (I) Bundesliga 3de 1998–99 (I) Bundesliga 2de 1999–00 (I) Bundesliga 2de 2000–01 (I) Bundesliga 4de 2001–02 (I) Bundesliga 2de 2002–03 (I) Bundesliga 15de 2003–04 (I) Bundesliga 3de 2004–05 (I) Bundesliga 6de 2005–06 (I) Bundesliga 5de 2006–07 (I) Bundesliga 5de 2007–08 (I) Bundesliga 7de 2008–09 (I) Bundesliga 9de 2009–10 (I) Bundesliga 4de 2010–11 (I) Bundesliga 2de 2011–12 (I) Bundesliga 5de 2012–13 (I) Bundesliga 3de 2013–14 (I) Bundesliga 4de 2014–15 (I) Bundesliga 4de 2015–16 (I) Bundesliga 3de 2016–17 (I) Bundesliga 12de 2017–18 (I) Bundesliga 5de 2018–19 (I) Bundesliga 4de 2019–20 (I) Bundesliga 5de 2020–21 (I) Bundesliga 6de 2021–22 (I) Bundesliga 3de 2022–23 (I) Bundesliga 6de 2023–24 (I) Bundesliga 1ste - Duitse sokkerkampioen

Eksterne skakels

Amptelike klubwerf The Abseits Guide to German Soccer

Leverkusen Kategorie:Leverkusen