Braam en die engel is 'n kinderverhaal deur Marietjie de Jongh. Dit is vir die eerste keer in 1991 uitgegee deur Tafelberg Uitgewers (Kaapstad). Die verhaal bied 'n satiriese blik op die ellendes van die moderne wêreld, wat metafories in die verhaal voorgestel word.

Verhaal Hnnerik is 'n pasaangestelde streeksengel wat op 'n missie gestuur is: hy moet keer dat die inwoners van Wale "van ellende vergaan". In Wale ontmoet hy Braam en saam vertrek die twee op 'n reis wat hulle deur talle dorpe met verskillende uitdagings en ellendes sal neem.

Kommersiële sukses "Braam en die engel" was nie baie suksesvol nie: volgens die uitgewer, Louise Steyn, het dit "soos 'n klip gesink". Haar mening is dat die boek te goed was vir Afrikaanse lesers.Onderhoud met Louse Steyn by Roekeloos.co.za. se "Boekrak". Laaste besoek 7 Maart 2007.

Toekennings "Braam en die engel" het die Alba Bouwerprys vir Kinderliteratuur in 1992 gewen - dit het die eersteplek gedeel met Droomwa deur Barrie Hough. Dié toekenning word deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns gemaak en word elke derde jaar toegeken.Alba Bouwer-pryswenners by Storiewerf. Laaste besoek 7 Maart 2007.Alba Bouwer-pryswenners by die Children's Literature Research Unit. Laaste besoek 7 Maart 2007. Die verhaal het ook 'n "eervolle vermelding" tydens die C.P. Hoogenhout-prys in 1992 gekry ("Droomwa" het die toekenning gewen).C.P. Hoogenhout-pryswenners by die Children's Literature Research Unit. Laaste besoek 7 Maart 2007.

Vertalings "Braam en die engel" is in 1995 in Engels uitgegee as Brahm and the Angel, ook deur Tafelberg Uitgewers. Die vertaling is deur Michiel Heyns behartig.

Verwerkings Die verhaal is oor 'n tydperk van ses jaar deur Barbara Poggemiller na 'n toneelstuk verwerk. Brahm and the Angel is in 2005 in die D.B. Clarke teater in Montreal, Kanada opgevoer - Poggemiller het ook as regisseur waargeneem.Country of angels, artikel in die Montreal Mirror oor die toneelstuk Brahm and the Angel. Laaste besoek 7 Maart 2007. Die toneelstuk het in dieselfde jaar ook die MECCA (Montreal English Critics Circle Award) se "spesiale beoordelaarstoekenning" (Special Jury Award) gewen - die kategorie is geskep vir toneelstukke wat nie in enige ander kategorie pas nie.The road to the MECCAs - 2005, lys van die MECCA-wenners in 2005. Laaste besoek 7 Maart 2007.

Verwysings

Kategorie:Kinderverhale