Alemannia Aken is die grootste sokkerklub van die Duitse stad Aken.
Die klub is op 16 Desember 1900 gestig met die naam FC Alemannia Aachen. Die Eerste Wêreldoorlog verwoes die klub deurdat dit van 200 lede na 37 krimp. In 1919 smelt die klub met Aachener Turnverein 1847 saam om so TSV Alemannia 1900 te vorm. Die nuwe vennoot was egter veral geïnteresseerd in gimnastiek en die klub het weer verdeel in 1924.
Aken lê naby die Belgiese en Nederlandse grens waardeur die klub aanvanklik gereeld teen spanne uit België en Nederland gespeel het. Die eerste amptelike wedstryd was teen Dolhain FC. Die klub het sy eerste streekstitel in 1907 gewen.
In die vroeë jare 30 het die klub die laaste 4 van die eindronde om die Duitse titel gehaal. In 1933 is die kompetisie tydens die Derde Ryk omgevorm tot die Gauliga met 16 eerste streeksligas. Alemannia het in die Gauliga Middel-Ryn meegeding en die titel in 1938 gewen.
Na die Tweede Wêreldoorlog speel die klub in die Oberliga Wes en haal in 1953 die eindstryd van die Duitse beker, maar verloor teen SC Rooiwit Essen.
Na die oprigting van die Bundesliga in 1963 word die klub in die Regionalliga (2de klas) ingedeel. Twee jaar later bereik hy weer die eindstryd van die Duitse beker maar verloor ook hierdie slag, teen BV Borussia Dortmund. In 1967 promoveer die klub na die Bundesliga en eindig die volgende seisoen 2de. Die daaropvolgende seisoen was egter 'n ramp en die klub is gerelegeer.
'n Hoogtepunt in die klub se geskiedenis was die deelname aan die Europese UEFA-bekerkompetisie in die 2004/2005-seisoen. Alemannia Aachen het die Duitse bekerfinaal teen SV Werder Bremen in 2004 met 2:3 verloor. Deurdat Werder Bremen die Duitse ligakampioen geword het en dus aan die Europese Bekerkompetisie moes deelneem, kon Alemannia Aachen aan die UEFA-beker deelneem.
Op 16 April 2006 verkry die span die eerste keer sedert die 1969/70-seisoen promosie na die Bundesliga. Onlangse ligaposisionering 1947-63 (I) Oberliga Wes
1963-64 (II) Regionalliga Wes 1ste 1964-65 (II) Regionalliga Wes 2de 1965-66 (II) Regionalliga Wes 3de 1966-67 (II) Regionalliga Wes 1ste 1967-68 (I) Bundesliga 11de 1968-69 (I) Bundesliga 2de 1969-70 (I) Bundesliga 18de 1970-71 (II) Regionalliga Wes 6de 1971-72 (II) Regionalliga Wes 4de 1972-73 (II) Regionalliga Wes 6de 1973-74 (II) Regionalliga Wes 7de 1974-75 (II) 2.Bundesliga Noord 15de 1975-76 (II) 2.Bundesliga Noord 12de 1976-77 (II) 2.Bundesliga Noord 7de 1977-78 (II) 2.Bundesliga Noord 14de 1978-79 (II) 2.Bundesliga Noord 7de 1979-80 (II) 2.Bundesliga Noord 7de 1980-81 (II) 2.Bundesliga Noord 5de 1981-82 (II) 2.Bundesliga 5de 1982-83 (II) 2.Bundesliga 9de 1983-84 (II) 2.Bundesliga 6de 1984-85 (II) 2.Bundesliga 5de 1985-86 (II) 2.Bundesliga 8ste 1986-87 (II) 2.Bundesliga 5de 1987-88 (II) 2.Bundesliga 6de 1988-89 (II) 2.Bundesliga 7de 1989-90 (II) 2.Bundesliga 19de 1990-91 (III) Am.Oberliga Noord-Ryn 2de 1991-92 (III) Am.Oberliga Noord-Ryn 6de 1992-93 (III) Am.Oberliga Noord-Ryn 3de 1993-94 (III) Am.Oberliga Noord-Ryn 2de 1994-95 (III) Regionalliga Wes/SW 7de 1995-96 (III) Regionalliga Wes/SW 6de 1996-97 (III) Regionalliga Wes/SW 11de 1997-98 (III) Regionalliga Wes/SW 7de 1998-99 (III) Regionalliga Wes/SW 1ste 1999-00 (II) 2.Bundesliga 8ste 2000-01 (II) 2.Bundesliga 10de 2001-02 (II) 2.Bundesliga 14de 2002-03 (II) 2.Bundesliga 6de 2003-04 (II) 2.Bundesliga 6de 2004-05 (II) 2.Bundesliga 6de 2005-06 (II) 2.Bundesliga 2de 2006-07 (I) Bundesliga 17de 2007-08 (II) 2.Bundesliga 7de 2008-09 (II) 2.Bundesliga 4de 2009-10 (II) 2.Bundesliga 13de 2010-11 (II) 2.Bundesliga 10de 2011-12 (II) 2.Bundesliga 17de 2012-13 (III) 3.Liga 20ste 2013-14 (IV) Regionalliga Wes
Eksterne skakels Amptelike klubwerf The Abseits Guide to German Soccer
Regionalliga Wes 2013/14-seisoen Alemannia Aken II, VfL Bochum II, Fortuna Düsseldorf II, SC Rooiwit Essen, 1. FC Keulen II, SC Fortuna Keulen, FC Viktoria Keulen, Bayer 04 Leverkusen II, SV Lippstadt 08, Sportvriende Lotte, VfL Borussia Mönchengladbach II, SC Rooiwit Oberhausen, FC Schalke 04 II, Sportvriende Siegen, KFC Uerdingen 05, SSVg Velbert, SC Verl, SG Wattenscheid 09, SC Wiedenbrück 2000
Aken Kategorie:Aken