300px|duimnael|regs|Mercedes-Benz Arena Stuttgart
VfB Stuttgart is 'n sportklub in Stuttgart, die hoofstad van die deelstaat Baden-Württemberg in Duitsland, veral bekend vir sy sokkerafdeling. Behalwe sokker, het die klub ook onder andere afdelings vir atletiek, vuisbal, hokkie, tafeltennis en sokker-skeidsregters.
Die klub se voorganger is Stuttgart FV 93, wat op 9 September 1893 gestig is as 'n rugbyklub. Die sokkerafdeling is eers in 1908 op die been gebring. In 1909 het die rugby-afdeling die eindstryd om die nasionale titel gehaal, maar met 3-6 teen FSV 1897 Hannover verloor. Op 2 April 1912 het die klub met Kronen-Club Cannstatt saamgesmelt en is die naam verander na die huidige. Laasgenoemde klub is in 1890 gestig en was ook aanvanklik 'n rugbyklub.
In 1933 is Duitse sokker geherorganiseer onder impuls van die Derde Ryk en Stuttgart is ingedeel in die Gauliga Württemberg. Die klub was baie suksesvol in die liga en het die liga in 1935, 1937, 1938 en 1943 gewen voordat die Gauliga-stelsel halfpad deur die 1944–1945 seisoen as gevolg van die Tweede Wêreldoorlog gestaak is. Die klub was egter relatief onsuksesvol by die uitspeelwedstryde om die nasionale titel.
Na die oorlog is die klub in die Oberliga Suid ingedeel. Gedurende hierdie tydperk het die klub die eerste keer vir Stuttgarter Kickers as die topklub in Stuttgart verbygesteek en ook op nasionale vlak is daar in die 1950's groot sukses behaal: Die nasionale titel is die eerste keer in 1950, asook in 1952 gewen. Die DFB-Pokal is ook in 1954 en 1958 ingepalm.
Op internasionale vlak was die klub se grootste suksesse twee UEFA Intertoto-beker-titels (2000 en 2002), asook toe die UEFA-beker- (1989) en Europese beker II (1998) eindwedstryde gehaal is.
Die klub speel sy tuiswedstryde in die Mercedes-Benz Arena, gebou in 1913.
Erelys Duitse sokkerkampioen 1949/50, 1951/52, 1983/84, 1991/92, 2006/07 DFB-Pokal 1954, 1958, 1997, 2025 UEFA Intertoto-beker 2000, 2002
UEFA-beker eindstryd 1989 Europese beker II eindstryd 1998
Onlangse ligaplasings 1963–1964 (I) Bundesliga 5de 1964–1965 (I) Bundesliga 12de 1965–1966 (I) Bundesliga 11de 1966–1967 (I) Bundesliga 12de 1967–1968 (I) Bundesliga 8ste 1968–1969 (I) Bundesliga 5de 1969–1970 (I) Bundesliga 7de 1970–1971 (I) Bundesliga 12de 1971–1972 (I) Bundesliga 8ste 1972–1973 (I) Bundesliga 6de 1973–1974 (I) Bundesliga 9de 1974–1975 (I) Bundesliga 16de 1975–1976 (II) 2.Bundesliga Suid 11de 1976–1977 (II) 2.Bundesliga Suid 1ste 1977–1978 (I) Bundesliga 4de 1978–1979 (I) Bundesliga 2de 1979–1980 (I) Bundesliga 3de 1980–1981 (I) Bundesliga 3de 1981–1982 (I) Bundesliga 9de 1982–1983 (I) Bundesliga 3de 1983–1984 (I) Bundesliga 1ste - Duitse kampioen 1984–1985 (I) Bundesliga 10de 1985–1986 (I) Bundesliga 5de 1986–1987 (I) Bundesliga 12de 1987–1988 (I) Bundesliga 4de 1988–1989 (I) Bundesliga 5de 1990-90 (I) Bundesliga 6de 1990–1991 (I) Bundesliga 6de 1991–1992 (I) Bundesliga 1ste - Duitse kampioen 1992–1993 (I) Bundesliga 7de 1993–1994 (I) Bundesliga 7de 1994–1995 (I) Bundesliga 12de 1995–1996 (I) Bundesliga 10de 1996–1997 (I) Bundesliga 4de - DFB-beker 1997–1998 (I) Bundesliga 4de 1998–1999 (I) Bundesliga 11de 1999–2000 (I) Bundesliga 8ste 2000–2001 (I) Bundesliga 15de 2001–2002 (I) Bundesliga 8ste 2002–2003 (I) Bundesliga 2de 2003–2004 (I) Bundesliga 4de 2004–2005 (I) Bundesliga 5de 2005–2006 (I) Bundesliga 9de 2006–2007 (I) Bundesliga 1ste - Duitse kampioen 2007–2008 (I) Bundesliga 6de 2008–2009 (I) Bundesliga 3de 2009–2010 (I) Bundesliga 6de 2010–2011 (I) Bundesliga 12de 2011–2012 (I) Bundesliga 6de 2012–2013 (I) Bundesliga 12de 2013–2014 (I) Bundesliga 15de 2014–2015 (I) Bundesliga 14de 2015–2016 (I) Bundesliga 17de 2016–2017 (II) 2.Bundesliga 1ste 2017–2018 (I) Bundesliga 7de 2018–2019 (I) Bundesliga 16de 2019–2020 (II) 2.Bundesliga 2de 2020–2021 (I) Bundesliga 9de 2021–2022 (I) Bundesliga 15de 2022–2023 (I) Bundesliga 16de 2023–2024 (I) Bundesliga 2de 2024–2025 (I) Bundesliga 9de - DFB-beker 2025–2026 (I) Bundesliga 4de
Verwysings
Eksterne skakels Amptelike klubwerf The Abseits Guide to German Soccer
Stuttgart Kategorie:Stuttgart