duimnael|regs|Max-Morlock-Stadion, Neurenberg
1. FC Neurenberg is 'n sportklub in Neurenberg in die deelstaat Beiere in Duitsland, veral bekend vir sy sokkerafdeling. Die klub bestaan sedert 1995 uit 'n konfederasie van sportsoorte (elke afdeling is eintlik 'n onafhanklike klub in eie reg) en bied ook onder meer boks, handbal, skaak, hokkie, swem, ski en tennis aan. Die dameshandbalspan het reeds 12 keer die Duitse titel gewen en een keer die Europese uitklopbeker.
Die klub is op 4 Mei 1900 gestig as 'n rugbyklub, maar teen Junie 1901 het die lede besluit om eerder oor te skakel na sokker. Die klub se goue jare was die tydperk na die Eerste Wêreldoorlog tot 1927. Tussen Julie 1918 en Februarie 1922 was die klub onoorwonne in 104 amptelike wedstryde en die klub se bynaam, "Der Club", was reeds in 1919 landwyd gevestig.
Neurenberg het sy eerste nasionale titel in 1920 gewen (die eerste nasionale kompetisie na die Eerste Wêreldoorlog) deur SpVgg Fürth, die verdedigende kampioen, in die eindstryd met 2-0 te verslaan. Die klub het toevallig ook die eerste titel na die Tweede Wêreldoorlog in 1948 gewen. Dit was die eerste van 5 titels binne 8 jaar.
Tydens die Derde Ryk het die klub in die Gauliga Beiere meegeding en in 1935 het die klub die eerste Duitse uitklopbeker-kampioen geword (op daardie stadium was die kompetisie bekend as die von Tschammer und Osten Pokal) deur FC Schalke 04 met 2-0 voor 55 000 toeskouers in die eindstryd in Düsseldorf te verslaan.
Die klub was een van die spanne wat in 1963 deelgeneem het aan die eerste seisoen van die Bundesliga en het in 1968 die liga gewen (die laaste keer wat die klub nasionale kampioen was). Neurenberg is aan die einde van die volgende seisoen (1969) gerelegeer, die enigste verdedigende kampioen aan wie hierdie twyfelagtige eer te beurt geval het.
Die klub speel sy tuiswedstryde in die Max-Morlock-Stadion, vroeër bekend as die Frankenstadion. Tussen 1933 en 1945 was die stadion bekend as die Stadion der Hitler-Jugend.
Erelys Duitse sokkerkampioen 1920, 1921, 1924, 1925, 1927, 1936 , 1948, 1961, 1968 DFB-Pokal 1935, 1939, 1962, 2007
Onlangse ligaposisionering 1963-64 (I) Bundesliga 9de 1964-65 (I) Bundesliga 6de 1965-66 (I) Bundesliga 6de 1966-67 (I) Bundesliga 10de 1967-68 (I) Bundesliga 1ste - Kampioene 1968-69 (I) Bundesliga 17de 1969-70 (II) Regionalliga Suid 3de 1970-71 (II) Regionalliga Suid 1ste 1971-72 (II) Regionalliga Suid 9de 1972-73 (II) Regionalliga Suid 5de 1973-74 (II) Regionalliga Suid 2de 1974-75 (II) 2.Bundesliga Suid 6de 1975-76 (II) 2.Bundesliga Suid 2de 1976-77 (II) 2.Bundesliga Suid 5de 1977-78 (II) 2.Bundesliga Suid 2de 1978-79 (I) Bundesliga 17de 1979-80 (II) 2.Bundesliga Suid 1ste 1980-81 (I) Bundesliga 14de 1981-82 (I) Bundesliga 13de 1982-83 (I) Bundesliga 14de 1983-84 (I) Bundesliga 18de 1984-85 (II) 2.Bundesliga 1ste 1985-86 (I) Bundesliga 12de 1986-87 (I) Bundesliga 9de 1987-88 (I) Bundesliga 5de 1988-89 (I) Bundesliga 14de 1989-90 (I) Bundesliga 8ste 1990-91 (I) Bundesliga 15de 1991-92 (I) Bundesliga 7de 1992-93 (I) Bundesliga 13de 1993-94 (I) Bundesliga 16de 1994-95 (II) 2.Bundesliga 15de 1995-96 (II) 2.Bundesliga 17de 1996-97 (III) Regionaliga Suid 1ste 1997-98 (II) 2.Bundesliga 3de 1998-99 (I) Bundesliga 16de 1999-00 (II) 2.Bundesliga 4de 2000-01 (II) 2.Bundesliga 1ste 2001-02 (I) Bundesliga 15de 2002-03 (I) Bundesliga 17de 2003-04 (II) 2.Bundesliga 1ste 2004-05 (I) Bundesliga 14de 2005-06 (I) Bundesliga 8ste 2006-07 (I) Bundesliga 6de 2007-08 (I) Bundesliga 16de 2008-09 (II) 2.Bundesliga 3de 2009-10 (I) Bundesliga 16de 2010-11 (I) Bundesliga 6de 2011-12 (I) Bundesliga 10de 2012-13 (I) Bundesliga 10de 2013-14 (I) Bundesliga 17de 2014-15 (II) 2.Bundesliga 9de 2015-16 (II) 2.Bundesliga 3de 2016-17 (II) 2.Bundesliga 12de 2017-18 (II) 2.Bundesliga 2de 2018-19 (I) Bundesliga 18de 2019-20 (II) 2.Bundesliga 16de
Eksterne skakels Amptelike klubwerf The Abseits Guide to German Soccer
Neurenberg