duimnael|regs|Die Veltins-Arena, Gelsenkirchen
FC Schalke 04 is 'n sportklub uit Gelsenkirchen in die deelstaat Noord-Rynland-Wesfale in Duitsland, veral bekend vir sy sokkerafdeling. Schalke is 'n stadsdeel van Gelsenkirchen. Naas sokker het die klub ook afdelings vir basketbal, handbal, tafeltennis en atletiek. Schalke het baie mededinging met die nabye span Borussia Dortmund. Hierdie derby staan bekend as die Revierderby en is een van die strafste derbies in die wêreld.
Geskiedenis FC Schalke 04 is op 4 Mei 1904 gestig deur 'n paar jeugdige mynwerkers, destyds onder die naam Westfalia Schalke. Die klub se kleure was aanvanklik rooi-geel. In 1912 is daar met die gimnastiekklub Schalker Turnverein 1877 saamgesmelt en is die voormalige arbeidersklub toegelaat om aan te sluit by die DFB. In 1915 het die twee klubs se weë weer geskei en is die sokkerklub hervestig as SV Westfalia Schalke, maar in 1919 het die twee weer bymekaargekom as Turn- und Sportverein Schalke 1877. In 1924 het die sokkerafdeling weer afgestig en die naam FC Schalke 04 aangeneem, asook die huidige blou en wit klubkleure.
Die klub het in 1927 die eerste keer die uitspeelwedstryde om die nasionale titel gehaal. Teen hierdie tyd het die klub reeds 'n baie groot aanhang geniet en in 1928 is die naam FC Gelsenkirchen-Schalke 04 aangeneem en is 'n nuwe tuisveld, die Glückauf-Kampfbahn, in gebruik geneem. In 1930 is die klub vir byna 6 maande geskors nadat die wedstrydfooie wat aan spelers betaal is die vasgestelde perke oorskry het, maar dit het geensins die klub se gewildheid laat taan nie: In die eerste wedstryd na die skorsing, teen Fortuna Düsseldorf, in Junie 1931, het 70,000 toeskouers na die klub se tuisveld gestroom.
Met die herorganisasie van die Duitse sokkerstruktuur tydens die Derde Ryk in 1933 is Schalke by die Gauliga Wesfale ingedeel en het die klub se goue era gevolg: Die klub het sy eerste Duitse titel in 1934 gewen en tussen 1933 en 1942 in 14 van die 18 nasionale eindstryde gespeel (10 om die Duitse kampioenskap en 8 om die Tschammerpokal). Tussen 1933 en 1945 het Schalke 'n ongelooflike rekord gehandhaaf deur 162 uit 189 Gauligawedstryde te wen, in 21 gelykop te speel en slegs 6 te verloor. Tussen 1935 en 1939 het hulle nie 'n enkele ligawedstryd verloor nie. Die klub se dominansie van Duitse sokker is deur die Nazi-regering as propaganda gebruik deur hulle as voorbeeld van die "nuwe" Duitsland voor te hou.
Na die Tweede Wêreldoorlog was die klub nie meer so suksesvol nie. Die klub het nog een keer die Duitse titel gewen (in 1958, waar Hamburger SV met 3-0 in die eindstryd verslaan is). In 1963 het Schalke toegang verdien tot die nuutgestigde Bundesliga. Die eerste jare in die Bundesliga was egter moeilik. In 1965 kon Schalke slegs relegasie vryspring omdat die kompetisie toe uitgebrei is na agtien spanne en oorwinnings in die uitspeelwedstryde behaal is teen Karlsruher SC en Hertha BSC Berlyn. Verder is Schalke by die Bundesliga omkoopskandaal van 1971 betrek.
Stadion Schalke 04 het sedert 1928 sy tuiswedstryde in die legendariese Glückauf-Kampfbahn gespeel. In 1973 verhuis die klub na die Parkstadion, wat gebou was vir die 1974 Sokkerwêreldbeker.
Sedert 2001 is die Arena AufSchalke die tuisveld. Die stadion staan tans (sedert 1 Julie 2005) bekend as die Veltins Arena, waarvoor die borg Veltins, 'n Duitse bierhandelsmerk, vier miljoen euro per jaar opdok.
Erelys Duitse sokkerkampioen 1933/34, 1934/35, 1936/37, 1938/39, 1939/40, 1941/42, 1957/58 DFB-Pokal 1938, 1972, 2001, 2002, 2011 UEFA-beker 1997 UEFA Intertoto-beker 2003, 2004Liga-Pokal 2005
Klublied Blau und Weiß, wie lieb ich Dich''' (Teks en musiek: Hans J. König / 1924)
Blau und Weiß, wie lieb ich Dich Blau und Weiß, verlass mich nicht Blau und Weiß ist ja der Himmel nur Blau und Weiß ist unsere Fußballgarnitur
Hätten wir ein Königreich Machten wir es den Schalkern gleich Alle Mädchen, die so jung und schön Müssten alle Blau und Weiß spazieren gehn
Mohammed war ein Prophet Der vom Fußballspielen nichts versteht Doch aus all der schönen Farbenpracht Hat er sich das Blau und Weiße ausgedacht
Tausend Feuer in der Nacht Haben uns das große Glück gebracht Tausend Freunde, die zusammenstehn Dann wird der FC Schalke niemals untergehn.
Onlangse ligaposisionering 1963-64 (I) Bundesliga 8ste 1964-65 (I) Bundesliga 16de 1965-66 (I) Bundesliga 14de 1966-67 (I) Bundesliga 15de 1967-68 (I) Bundesliga 15de 1968-69 (I) Bundesliga 7de 1969-70 (I) Bundesliga 9de 1970-71 (I) Bundesliga 6de 1971-72 (I) Bundesliga 2de 1972-73 (I) Bundesliga 15de 1973-74 (I) Bundesliga 7de 1974-75 (I) Bundesliga 7de 1975-76 (I) Bundesliga 6de 1976-77 (I) Bundesliga 2de 1977-78 (I) Bundesliga 9de 1978-79 (I) Bundesliga 15de 1979-80 (I) Bundesliga 8ste 1980-81 (I) Bundesliga 17de 1981-82 (II) 2.Bundesliga 1ste 1982-83 (I) Bundesliga 16de 1983-84 (II) 2.Bundesliga 2de 1984-85 (I) Bundesliga 8ste 1985-86 (I) Bundesliga 10de 1986-87 (I) Bundesliga 13de 1987-88 (I) Bundesliga 18de 1988-89 (II) 2.Bundesliga 12de 1989-90 (II) 2.Bundesliga 5de 1990-91 (II) 2.Bundesliga 1ste 1991-92 (I) Bundesliga 11de 1992-93 (I) Bundesliga 10de 1993-94 (I) Bundesliga 14de 1994-95 (I) Bundesliga 11de 1995-96 (I) Bundesliga 3de 1996-97 (I) Bundesliga 12de 1997-98 (I) Bundesliga 5de 1998-99 (I) Bundesliga 10de 1999-00 (I) Bundesliga 13de 2000-01 (I) Bundesliga 2de - DFB-beker 2001-02 (I) Bundesliga 5de - DFB-beker 2002-03 (I) Bundesliga 7de 2003-04 (I) Bundesliga 7de 2004-05 (I) Bundesliga 2de 2005-06 (I) Bundesliga 4de 2006-07 (I) Bundesliga 2de 2007-08 (I) Bundesliga 3de 2008-09 (I) Bundesliga 8ste 2009-10 (I) Bundesliga 2de
Eksterne skakels Amptelike klubwerf The Abseits Guide to German Soccer Amptelike werf van die VELTINS Arena Webblad ter ere van die eeufees van Schalke 04. Schalke Ondersteunersklub
Schalke