duimnael|regs|Die Volkswagen-Arena, Wolfsburg

VfL Wolfsburg is 'n sportklub uit Wolfsburg in die deelstaat Neder-Sakse in Duitsland, veral bekend vir sy sokkerafdeling. Behalwe sokker, het die klub onder andere afdelings vir armdruk, pluimbal, basketbal, rolbal, boks, stoei, gewigoptel, handbal, hokkie, judo, karate, atletiek, fietsry, swem, driekamp, gimnastiek en vlugbal.

Geskiedenis Sokker in Wolfsburg is relatief jonk, aangesien die stad eers in 1938 gestig is. Die klub se voorganger was BSG Volkswagenwerk Stadt des KdF-Wagen, wat vanaf 1943 in die Gauliga Oos-Hannover gespeel het (Wolfsburg se naam was voorheen Stadt des KdF-Wagen). Na die Tweede Wêreldoorlog is die klub op 12 September 1945 herstig as VSK Wolfsburg.

Wolfsburg het die eerste keer in 1954 op die hoogste vlak gespeel toe die Oberliga Noord gehaal is. Nadat die klub egter in 1959 gerelegeer is, moes hulle tot 1997 wag toe daar na die Bundesliga gepromoveer is. In 1995 het die klub die eindstryd van die DFB-Pokal gehaal, maar is met 0-3 deur VfL Borussia Mönchengladbach verslaan. Die klub het sy grootste prestasie in 2009 behaal toe hy, teen alle verwagtinge in, die Bundesliga gewen het en die Duitse sokkerkampioen geword het.

Die klub speel sedert 2002 sy tuiswedstryde in die Volkswagen-Arena. Voorheen was die klub se tuisveld die VfL-Stadion.

Erelys Duitse sokkerkampioen 2008/09

Onlangse ligaposisionering 1963-64 (II) Regionalliga Noord 9de 1964-65 (II) Regionalliga Noord 6de 1965-66 (II) Regionalliga Noord 8ste 1966-67 (II) Regionalliga Noord 4de 1967-68 (II) Regionalliga Noord 3de 1968-69 (II) Regionalliga Noord 7de 1969-70 (II) Regionalliga Noord 2de 1970-71 (II) Regionalliga Noord 9de 1971-72 (II) Regionalliga Noord 3de 1972-73 (II) Regionalliga Noord 3de 1973-74 (II) Regionalliga Noord 4de 1974-75 (II) 2.Bundesliga Noord 19de 1975-76 (III) Am.Oberliga Noord 2de 1976-77 (II) 2.Bundesliga Noord 20ste 1977-78 (III) Am.Oberliga Noord 2de 1978-79 (III) Am.Oberliga Noord 5de 1979-80 (III) Am.Oberliga Noord 3de 1980-81 (III) Am.Oberliga Noord 6de 1981-82 (III) Am.Oberliga Noord 4de 1982-83 (III) Am.Oberliga Noord 5de 1983-84 (III) Am.Oberliga Noord 14de 1984-85 (III) Am.Oberliga Noord 9de 1985-86 (III) Am.Oberliga Noord 6de 1986-87 (III) Am.Oberliga Noord 6de1987-88 (III) Am.Oberliga Noord 2de 1988-89 (III) Am.Oberliga Noord 3de 1989-90 (III) Am.Oberliga Noord 4de 1990-91 (III) Am.Oberliga Noord 1ste 1991-92 (III) Am.Oberliga Noord 1ste 1992-93 (II) 2.Bundesliga 14de 1993-94 (II) 2.Bundesliga 5de 1994-95 (II) 2.Bundesliga 4de 1995-96 (II) 2.Bundesliga 12de 1996-97 (II) 2.Bundesliga 2de 1997-98 (I) Bundesliga 14de 1998-99 (I) Bundesliga 6de 1999-00 (I) Bundesliga 7de 2000-01 (I) Bundesliga 9de 2001-02 (I) Bundesliga 10de 2002-03 (I) Bundesliga 8ste 2003-04 (I) Bundesliga 10de 2004-05 (I) Bundesliga 9de 2005-06 (I) Bundesliga 15de 2006-07 (I) Bundesliga 15de 2007-08 (I) Bundesliga 5de 2008-09 (I) Bundesliga 1ste 2009-10 (I) Bundesliga

Eksterne skakels Amptelike klubwerf The Abseits Guide to German Soccer

Wolfsburg Kategorie:Wolfsburg