Tussen 1967 en 2002 het die Suid-Afrikaanse regering die volgende siviele ordes en dekorasies aan landsburgers en buitelanders toegeken. Hulle is in 2002 deur die huidige reeks ordes vervang.
Ordes en dekorasies
132px|regs Woltemadedekorasie vir Dapperheid (1970-1988), vir dapperheid ter redding van lewens. Daar was twee klasse: Goud, vir buitengewone dapperheid; Silwer, vir dapperheid.
Die medalje beeld die redding van mense uit die see deur die berede Wolraad Woltemade uit. Dit hang aan 'n blou lint met oranjekleurige randstrepe. Hierdie dekorasie is oorspronklik in 1939 as die Koningsmedalje vir Dapperheid ingestel en is deur die volgende vervang:
96px|regs Woltemadekruis vir Dapperheid (1988-2002), vir dapperheid ter redding van lewens of die beskerming van staatseiendom. Daar was twee klasse: Goud (WD), vir uitnemende dapperheid; Silwer (WDS), vir buitengewone dapperheid.
'n Konvekse kruis, belas met 'n ronde skyf wat die berede Wolraad Woltemade se seereddingspoging uitbeeld. Die lint is blou met oranjekleurige randstrepe. Die goue klas word om die nek, en die silwere op die bors gedra.
108px|regs Orde van die Suiderkruis (1986-2002), vir unieke prestasies in belang van Suid-Afrika. Daar was twee klasse: Goud (OSG), vir unieke prestasies van die hoogste gehalte; Silwer (OSS), vir uitmuntende prestasies van hoogstaande gehalte.
'n Vyfarmige malteserkruis, wit geëmailleerd, met 'n omgekeerde vyfpuntige ster in die middel. Dit hang aan 'n oranjekleurige halslint met blou en wit randstrepe.
Orde van die Ster van Suid-Afrika (Nie-Militêr) (1978-2002), vir dienste aangaande die veiligheid en landsbelange van Suid-Afrika. Dit is aan burgerlikes en, vanaf 1986, senior polisie- en gevangenisdiensoffisiere en intelligensieamptenare, toegeken. Daar was vyf klasse: 108px|regs Grootkruis (SSA), vir uitstekende voortreflike diens; 108px|regs Grootoffisier (SSAS), vir uitnemende diens; 108px|regs Kommandeur, vir besonder voortreflike diens; 108px|regs Offisier, vir voortreflike diens; 108px|regs Lid (oorspronklik "Ridder"), vir buitengewone diens.
'n Goud of silwer malteserkruis, blou geëmailleerd, met 'n agtpuntige ster op die oppervlakte. Die lint is blou, met goudkleurige en/of silwerkleurige strepe wat wissel van klas tot klas.
108px|regs Orde vir Voortreflike Diens (1986-2002), vir voortreflike diens in die algemene openbare belang. Daar was twee klasse: Goud (OVDG), vir besondere voortreflike diens; Silwer (OVDS), vir voortreflike diens.
'n Gewelkruis, wit geëmailleerd, met die skild van die landswapen op 'n ronde skyf in die middel. Dit hang aan 'n wit halslint met blou randstrepe en twee oranjekleurige middelbane.
108px|regs Orde van Goeie Hoop (1973-2002), vir buitelanders wat internasionale betrekkinge met Suid-Afrika bevorder het. Daar was oorspronklik die volgende klasse: Grootketting, vir staatshoofde; Grootkruis, vir regeringshoofde, ministers, regters, ambassadeure, edm; Grootoffisier, vir wetgewers, envoys, militêre opperoffisiere, edm; Kommandeur, vir charges d'affaires, konsuls-generaal, kolonels, edm; Offisier, vir konsuls, militêre offisiere, edm.
In 1988 is die klasse soos volg herorganiseer: Grootkruis, vir staatshoofde en regerinshoofde; Grootoffisier, vir ministers, regters, ambassadeure, edm; Kommandeur, vir wetgewers, envoys, militêre oppoeroffisiere, edm; Offisier, vir charges d'affaires, konsuls-generaal, kolonels, edm; Lid, vir konsuls, militêre offisiere, edm.
'm Agtpuntige ster, wat twee wit vredesduiwe op 'n turkoois skyf uitbeeld. Rondom die skyf is 'n wit sirkel met die woorde "Spes Bona". Dit hang aan 'n groen lint met 'n goue streep aan elke rand.
114px|regs Dekorasie vir Voortreflike Diens (DVD) (1970-1986), vir buitengewone verdienstelikheid en besonder uitnemende diens aan Suid-Afrika. 'n Vyfhoekige goue plaket, belas met 'n kleiner silwer plaket, wat met 'n goud vyfarmige malteserkruis belas is. In die middel is 'n blou skyf met 'n goue proteablom daarop. Die halslint is blou met oranjekleurig en wit randstrepe. Die DVD is deur die Orde vir Voortreflike Diens vervang.
96px|regs Burgerlike Beskermingsmedalje vir Dapperheid (1976-1994), vir dapperheid terwyl in lewensgevaar. Die medalje is aan lede van burgerlike beskermingsorganisasies, noodhulporganisasies en, tot 1993, brandwere, beskikbaar. 'n Silwer kruis wat 'n kleiner kruis bestaande uit vier baardrae teen 'n rooi agtergrond vertoon. Die lint is rooi met wit en geel strepies naby die rande.
96px|regs Presidentsdekorasie vir Uitmuntende Diens (1987-1994), vir voortreflike diens deur direkteurs-generaal van staatsdepartemente, en ander staatsamptenare van gelyke rang. 'n Goue kruis met 'n rooi middelskyf wat 'n goue heraldiese leeu uitbeeld. Dit hang aan 'n goudkleurige lint met rooi, wit en blou randstrepe.
96px|regs Burgerlike Beskermingsmedalje vir Verdienste (1976-??), vir besonder voortreflike diens deur lede van burgerlike beskermingsorganisasies, noodhulporganisasies en, tot 1993, brandwere. 'n Silwer medalje, rooi geëmaillerd, wat 'n kruis bestaande uit vier baardrae vertoon. Die lint is geel met 'n wit-omlynde rooi streep naby elke rand.
Sporttoekennings
114px|regs Staatspresident se Sporttoekenning (1967)-1994), vir sportprestasies van die hoogste internasionale gehalte. Die dekorasie is jaarliks toegeken. 'n Goue 32-puntige ster belas met 'n medalje wat 'n voël in vlug uitbeeld. Dit word gedra aan 'n oranje- wit- blou halslint.
114px|regs Suid-Afrikaanse Sportmerietetoekenning (1971-1994), vir die beste prestasies in die verskillende georganiseerde sportsoorte elke jaar. Dieselfde ontwerp as bogenoemde toekenning, maar in silwer of brons.
Verwysings Alexander, E. G. M., Barron G. K. B. and Bateman, A. J. (1986). South African Orders, Decorations and Medals. Human en Rousseau. Monick, S, (1990). South African Civil Awards 1910-1990. Suid-Afrikaanse Nasionale Krygshistoriese Museum.
Sien ook Lys van Suid-Afrikaanse ordes, dekorasies en medaljes Suid-Afrikaanse siviele ordes en dekorasies Suid-Afrikaanse siviele ordes en dekorasies: 2002-
Eksterne skakels South African Medals Website
1967-2002