duimnael|Posseël van die Faroëreilande om Amnestie Internasionaal se 25ste bestaansjaar te gedenk.

Amnestie Internasionaal (meer bekend as Amnesty of AI) is 'n internasionale organisasie wat help om menseregte te beskerm, veral die reg om persoonlike oortuigings sonder vrees vir vervolging uit te leef.HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, Dit is 'n nie-regeringsorganisasie (NRO) wat gegroei het tot 'n wêreldwye beweging vir die monitering van en aktivisme teen oortredings van internasionaalaanvaarde menseregtestandaarde. AI is in 1961 in die Verenigde Koninkryk gestig en AI-aktiviste vergelyk menseregtevergrype in alle lande teen internasionaalaanvaarbare standaarde. AI probeer daarna druk op regerings uit te oefen om te voldoen aan hierdie standaarde. Dit word gedoen deur openbare mening te mobiliseer wat daarna oorspoel tot druk op regerings en organisasies. AI was sedert sy stigting verantwoordelik dat menseregtestandaarde in baie lande wêreldwyd ingrypend verander het. Amnestie Internasionaal het in 1977 die Nobelprys vir Vrede ontvang.

Verwysings

Eksterne skakels

Amptelike webwerf

Kategorie:Internasionale organisasies Kategorie:Wenners van die Nobelprys vir Vrede