regs|duimnael|Stadion der Freundschaft

FC Energie Cottbus is 'n sokkerklub uit Cottbus in die deelstaat Brandenburg in Duitsland. Die klub is een van die baie min voormalige Oos-Duitse klubs wat sy beste prestasies behaal ná die hereniging van Wes- en Oos-Duitsland.

Die klub se "stamvader" is FV Grube Marga wat op 19 Januarie 1919 gestig is. In 1924 is die klub herdoop as SV Sturm Grube Marga. Tussen 1941 en 1943 het die klub op die hoogste vlak in die Gauliga Berlyn-Brandenburg meegeding.

Na die ontbinding van die klub deur die Geallieerdes is 'n opvolgerklub, SG Marga, in 1946 gestig. In 1948 is die klub herdoop na BSG Franz Mehring Marga en in 1950 na BSG Aktivist Brieske-Ost. In Oktober 1954 is die eerstespan deur die Oos-Duitse sokkeradministrasie oorgeplaas na die nuwe klub SC Aktivist Brieske-Senftenberg. In 1963 het die sokkeradminisasie weer besluit om die spelers oor te plaas, hierdie keer na SC Energie Cottbus. Die sokkerafdeling van die klub het op 31 Januarie 1966 onafhanklik geword as BSG von Bodo Krautz, maar die klub is kort daarna herdoop na BSG Energie Cottbus.

Voor die Duitse hereniging het Energie in die DDR-Oberliga gespeel. Na die hereniging het die klub die huidige naam aangeneem en is dit in die Regionalliga ingedeel. In 1997 promoveer Energie na die Bundesliga 2. Verder haal Energie in dieselfde jaar verrassend die eindstryd van die Duitse beker (DFB-Pokal). In 2000 het Energie vriend en vyand verras deur promosie na die Bundesliga te kry en het daar bly meeding tot die heelwat later as verwagte relegasie in 2003.

In die 2006/2007-seisoen het Energie weer, teen alle verwagtings in, na die Bundesliga teruggekeer.

Onlangse ligaposisionering 1965-66 (II) DDR-Liga, St. Noord 3de 1966-67 (II) DDR-Liga, St. Noord 3de 1967-68 (II) DDR-Liga, St. Noord 2de 1968-69 (II) DDR-Liga, St. Noord 5de 1969-70 (II) DDR-Liga, St. Noord 4de 1970-71 (II) DDR-Liga, St. Noord 4de 1971-72 (II) DDR-Liga, Stapel B 3de 1972-73 (II) DDR-Liga, Stapel B 2de 1973-74 (I) DDR-Oberliga 14de 1974-75 (II) DDR-Liga, Stapel D 1ste 1975-76 (I) DDR-Oberliga 14de 1976-77 (II) DDR-Liga, Stapel D 5de 1977-78 (II) DDR-Liga, Stapel D 2de 1978-79 (II) DDR-Liga, Stapel D 1ste 1979-80 (II) DDR-Liga, Stapel D 1ste 1980-81 (II) DDR-Liga, Stapel D 1ste 1981-82 (I) DDR-Oberliga 13de 1982-83 (II) DDR-Liga, Stapel B 3de 1983-84 (II) DDR-Liga, Stapel B 4de 1984-85 (II) DDR-Liga, Stapel A 4de 1985-86 (II) DDR-Liga, Stapel A 2de 1986-87 (I) DDR-Oberliga 13de 1987-88 (II) DDR-Liga, Stapel A 1ste 1988-89 (I) DDR-Oberliga 10de 1989-90 (I) DDR-Oberliga 7de 1990-91 (I) NOFV-Oberliga Noordoos 13de 1991-92 (III) Am.Oberliga NO Sentraal 3de 1992-93 (III) Am.Oberliga NO Sentraal 3de 1993-94 (III) Am.Oberliga NO Sentraal 2de 1994-95 (III) Regionalliga Noordoos 7de 1995-96 (III) Regionalliga Noordoos 3de 1996-97 (III) Regionalliga Noordoos 1ste 1997-98 (II) 2.Bundesliga 8ste 1998-99 (II) 2.Bundesliga 11de 1999-00 (II) 2.Bundesliga 3de 2000-01 (I) Bundesliga 14de 2001-02 (I) Bundesliga 13de 2002-03 (I) Bundesliga 18de 2003-04 (II) 2.Bundesliga 4de 2004-05 (II) 2.Bundesliga 14de 2005-06 (II) 2.Bundesliga 3de 2006-07 (I) Bundesliga 13de 2007-08 (I) Bundesliga 14de 2008-09 (I) Bundesliga 16de 2009-10 (II) 2.Bundesliga 9de 2010-11 (II) 2.Bundesliga 6de 2011-12 (II) 2.Bundesliga 14de 2012-13 (II) 2.Bundesliga 8de 2013-14 (II) 2.Bundesliga 18de 2014-15 (III) 3.Liga 7de 2015-16 (III) 3.Liga 19de 2016-17 (4.) Regionalliga Noordoos 2de 2017-18 (4.) Regionalliga Noordoos 1ste 2018-19 (III) 3.Liga 19de 2019-20 (4.) Regionalliga Noordoos 3de 2020-21 (4.) Regionalliga Noordoos 9de 2021-22 (4.) Regionalliga Noordoos 3de 2022-23 (4.) Regionalliga Noordoos 1ste

Eksterne skakels Amptelike klubwerf The Abseits Guide to German Soccer

2. Bundesliga 2010/11-seisoen FC Augsburg - TSV 1860 München - FC Erzgebirge Aue - Karlsruher SC - MSV Duisburg - VfL Osnabrück - Hertha BSC Berlyn - 1. FC Union Berlyn - SpVgg Greuther Fürth - DSC Arminia Bielefeld - VfL Bochum - FC Energie Cottbus - Fortuna Düsseldorf - FC Ingolstadt 04 - SC Rooiwit Oberhausen - FSV Frankfurt - SC Paderborn 07 - Alemannia Aken

Cottbus