Ruby on Rails is 'n raamwerk, geskryf in die Ruby-programmeertaal, met die doel om die skryf van webtoepassings te vergemaklik en te versnel. Dit bestaan uit vyf hoofmodules wat elk 'n ander aspek van 'n tipiese webtoepassing implementeer: Active Record, Action Pack, Active Support, Action Mailer, en Action Web Service. Die nuutste weergawe van Rails is 1.2.2, wat op 6 Februarie 2007 vrygestel is.
Active Record Active Record laat die ontwikkelaar toe om die tabelle en rekords met min moeite in 'n databasis te modelleer. Dit rus op die beginsel van "konvensie, nie konfigurasie nie", wat bloot beteken dat in plaas daarvan dat die ontwikkelaar moet spesifiseer hoe die databasis uitleg lyk, word tabelle en kolomme net op 'n spesifieke wyse benoem, sodat Active Record self die uitleg kan bepaal deur die databasis se struktuur te ondersoek.http://api.rubyonrails.org/classes/ActiveRecord/Base.html
Verwysings
Eksterne skakels Full Ruby on Rails Tutorial
Kategorie:Sagtewareontwikkeling Kategorie:Vrye sagteware