Werder Bremen is 'n sportklub uit die stad Bremen in die deelstaat Hansestad Bremen in Duitsland, veral bekend vir sy sokkerafdeling. Behalwe sokker het die klub het ook afdelings vir onder meer atletiek, handbal, skaak, tafeltennis en gimnastiek.
Die klub is op 4 Februarie 1899 gestig as Fußballverein Werder von 1899 deur 'n groep 16-jarige skoolseuns. Dit was die eerste Duitse klub wat sy tuisveld omhein en toeskouers geld gevra het om na hulle wedstryde te kom kyk. In 1920 het die klub ook begin om ander sportsoorte aan te bied en is die naam verander na die huidige SV Werder Bremen. In 1922 het die klub die eerste in Duitsland geword om 'n professionele sokkerafrigter aan te stel.
Na die hervorming van die Duitse sokkerstruktuur deur die Nazi's in 1933 het die klub in die Gauliga Neder-Sakse meegeding en die liga gewen in 1934, 1936, 1937 en 1942. Bremen is egter elke slag vroeg uitgeskakel in die uitspeelwedstryde om die Duitse titel. Na die Tweede Wêreldoorlog is die klub deur die Geallieerdes ontbind, maar laat in 1945 weer herstig (saam met die lede van die mede-ontbinde TV Vorwärts Bremen en Freie Schwimmer 1910 Bremen) as TuS Werder 1945 Bremen. Die naam is kort hierna verander na SV Grün-Weiß 1899 Bremen. Die Amerikaanse besettingsmagte het die naam SV Werder verbied tot vroeg in 1946, toe die naam weer teruggeneem is.
Na die oorlog het die klub in die Oberliga Noord meegeding en is op grond van sy goeie vertonings toegelaat tot die Bundesliga in 1963. Die klub het sy eerste groot sukses in 1961 behaal toe die DFB-Pokal die eerste keer gewen is en die klub het die eerste keer in 1965 die Duitse kampioen geword. Die klub het in 1992 'n groot internasionale prestasie behaal toe die Europese Beker II gewen is.
Erelys Duitse sokkerkampioen (4) 1964/65, 1987/88, 1992/93, 2003/04 DFB-Pokal (5) 1961, 1991, 1994, 1999, 2004, 2009 Europese beker II (1) 1992 UEFA Intertotobeker (1) 1998
Onlangse ligaposisionering duimnael|250px|Werder-ondersteuners in die Weserstadion 1947-63 (I) Oberliga Noord 1963-64 (I) Bundesliga 10de 1964-65 (I) Bundesliga 1ste - Duitse kampioen 1965-66 (I) Bundesliga 4de 1966-67 (I) Bundesliga 16de 1967-68 (I) Bundesliga 2de 1968-69 (I) Bundesliga 9de 1969-70 (I) Bundesliga 11de 1970-71 (I) Bundesliga 10de 1971-72 (I) Bundesliga 11de 1972-73 (I) Bundesliga 11de 1973-74 (I) Bundesliga 11de 1974-75 (I) Bundesliga 15de 1975-76 (I) Bundesliga 13de 1976-77 (I) Bundesliga 11de 1977-78 (I) Bundesliga 15de 1978-79 (I) Bundesliga 11de 1979-80 (I) Bundesliga 17de 1980-81 (I) 2.B-liga Noord 1ste 1981-82 (I) Bundesliga 5de 1982-83 (I) Bundesliga 2de 1983-84 (I) Bundesliga 5de 1984-85 (I) Bundesliga 2de 1985-86 (I) Bundesliga 2de 1986-87 (I) Bundesliga 5de 1987-88 (I) Bundesliga 1ste - Duitse kampioen 1988-89 (I) Bundesliga 3de 1989-90 (I) Bundesliga 7de 1990-91 (I) Bundesliga 3de - DFB Bekerwenner 1991-92 (I) Bundesliga 9de 1992-93 (I) Bundesliga 1ste - Duitse kampioen 1993-94 (I) Bundesliga 8ste - DFB Bekerwenner 1994-95 (I) Bundesliga 2de 1995-96 (I) Bundesliga 9de 1996-97 (I) Bundesliga 8ste 1997-98 (I) Bundesliga 7de 1998-99 (I) Bundesliga 13de - DFB Bekerwenner 1999-00 (I) Bundesliga 9de 2000-01 (I) Bundesliga 7de 2001-02 (I) Bundesliga 6de 2002-03 (I) Bundesliga 6de 2003-04 (I) Bundesliga 1ste - Duitse kampioen - DFB Bekerwenner 2004-05 (I) Bundesliga 3de 2005-06 (I) Bundesliga 2de 2006-07 (I) Bundesliga 3de 2007-08 (I) Bundesliga 2de 2008-09 (I) Bundesliga 10de - DFB Bekerwenner 2009-10 (I) Bundesliga 3de
Eksterne skakels Amptelike klubwerf The Abseits Guide to German Soccer
Kategorie:Bremen Bremen