200px|regs|duimnael|Die Allianz Arena

FC Bayern München is 'n sportklub uit München, die hoofstad van die deelstaat Beiere in Duitsland, veral bekend vir sy sokkerafdeling. Benewens sokker, het die klub ook onder meer afdelings vir basketbal, handbal, kegelbal, skaak, tafeltennis en gimnastiek. Bayern München is die bekendste en mees suksesvolle klub van Duitsland en is een van vier klubs wat al alle groot Europese kompetisies gewen het.

Die klub is op 27 Februarie 1900 gestig deur ontevrede sokkerspelers van die klub MTV 1879 München (hierdie klub se sokkerafdeling bestaan vandag nog met sy eerstespan wat in die Kreisliga op die 9de vlak van die Duitse sokkerstruktuur meeding). In 1906 het die klub vir finansiële redes na 'n samesmelting die sokkerafdeling van Münchner Sport Club geword. As deel van die ooreenkoms moes hulle swart opgee en MSC se rooi klubkleure aanvaar - die kleur wat vandag nog deur Bayern gebruik word. Na die Eerste Wêreldoorlog het die klub in 1919 weggebreek vanaf Münchner Sport Club en by Turn- und Sportverein 1890 Jahn München aangesluit. MSC het sedertdien nie meer 'n sokkerafdeling nie en bestaan vandag steeds as 'n hokkie-, gholf- en tennisklub.

In 1923 het Bayern ook Turn- und Sportverein 1890 Jahn München (vandag, na 'n samsmelting in 1947, as Turnerschaft Jahn München von 1887 bekend) verlaat om die huidige onafhanklike klub te vorm.

Die klub se president, Kurt Landauer, 'n puik strateeg, het die afrigter William Townley as die span se eerste professionele afrigter aangestel (dieselfde afrigter wat die titel met Karlsruher FV in 1910 gewen het). Bayern het vinnig opgang gemaak en sy eerste groot sukses in 1932 behaal met die verowering van die Duitse kampioenskap. Die ontwikkeling van die klub het hierna 'n groot terugslag beleef met die oorname van die Duitse regering deur Adolf Hitler: beide die voorsitter en afrigter was Jode en hulle het kort daarna die land verlaat. Die klub het hierna in die Gauliga Beiere meegeding, maar gemiddelde resultate behaal. Toevallig was die laaste opgetekende wedstryd in die Derde Ryk die wedstryd tussen Bayern en TSV 1860 München op 23 April 1945 (3-2 vir Bayern). Na die Tweede Wêreldoorlog het die klub in die Oberliga Suid meegeding en as gevolg van beroerde finansies meestal gemiddelde resultate behaal. In 1956 is die klub selfs gerelegeer. Die klub het wel in 1957 daarin geslaag om die DFB-Pokal te wen. Die Bundesliga is die eerste keer in 1965 gehaal.

Opvallend is dat die fenomenale opkoms van die klub hierna, tot op daardie stadium as minder belangrik as sy stadgenoot TSV 1860 München beskou, gelyk opleef met die opkoms van Franz Beckenbauer.

Die klub se tuisveld was tot die somer van 2005 die Olimpiese stadion in München, maar is verruil vir die Allianz Arena met 66 000 sitplekke. Voor 1971 was die Grünwalder Straße-stadion die tuisveld.

Erelys Duitse sokkerkampioen (35) 1931/32, 1968/69, 1971/72, 1972/73, 1973/74, 1979/80, 1980/81, 1984/85, 1985/86, 1986/87, 1988/89, 1989/90, 1993/94, 1996/97, 1998/99, 1999/2000, 2000/01, 2002/03, 2004/05, 2005/06, 2007/08, 2009/10, 2012/13, 2013/14, 2014/15, 2015/16, 2016/17, 2017/18, 2018/19, 2019/20, 2020/21, 2021/22, 2022/23, 2024/25, 2025/26

DFB-Pokal (20) 1957, 1966, 1967, 1969, 1971, 1982, 1984, 1986, 1998, 2000, 2003, 2005, 2006, 2008, 2010, 2013, 2014, 2016, 2019, 2020

Europese beker I / UEFA Kampioeneliga (6) 1974, 1975, 1976, 2001, 2013, 2020

Europese beker II (1) 1967

UEFA-beker (1) 1996

Interkontinentale beker (2) 1976, 2001

Onlangse ligaposisionering 1963-64 (II) Regionalliga-Suid 2de 1964-65 (II) Regionalliga-Suid 1ste 1965-66 (I) Bundesliga 3de 1966-67 (I) Bundesliga 6de 1967-68 (I) Bundesliga 5de 1968-69 (I) Bundesliga 1ste - Duitse kampioen 1969-70 (I) Bundesliga 2de 1970-71 (I) Bundesliga 2de 1971-72 (I) Bundesliga 1ste - Duitse kampioen 1972-73 (I) Bundesliga 1ste - Duitse kampioen 1973-74 (I) Bundesliga 1ste - Duitse kampioen 1974-75 (I) Bundesliga 10de 1975-76 (I) Bundesliga 3de 1976-77 (I) Bundesliga 7de 1977-78 (I) Bundesliga 12de 1978-79 (I) Bundesliga 4de 1979-80 (I) Bundesliga 1ste - Duitse kampioen 1980-81 (I) Bundesliga 1ste - Duitse kampioen 1981-82 (I) Bundesliga 3de

1982-83 (I) Bundesliga 4de 1983-84 (I) Bundesliga 4de 1984-85 (I) Bundesliga 1ste

- Duitse kampioen 1985-86 (I) Bundesliga 1ste - Duitse kampioen 1986-87 (I) Bundesliga 1ste - Duitse kampioen 1987-88 (I) Bundesliga 2de 1988-89 (I) Bundesliga 1ste - Duitse kampioen 1989-90 (I) Bundesliga 1ste - Duitse kampioen 1990-91 (I) Bundesliga 2de 1991-92 (I) Bundesliga 10de 1992-93 (I) Bundesliga 2de 1993-94 (I) Bundesliga 1ste - Duitse kampioen 1994-95 (I) Bundesliga 6de 1995-96 (I) Bundesliga 2de 1996-97 (I) Bundesliga 1ste - Duitse kampioen 1997-98 (I) Bundesliga 2de - Wenner DFB-beker

1998-99 (I) Bundesliga 1ste

- Duitse kampioen

1999-00 (I) Bundesliga 1ste

- Duitse kampioen - DFB-beker

2000-01 (I) Bundesliga 1ste

- Duitse kampioen 2001-02 (I) Bundesliga 3de 2002-03 (I) Bundesliga 1ste - Duitse kampioen 2003-04 (I) Bundesliga 2de 2004-05 (I) Bundesliga 1ste - Duitse kampioen 2005-06 (I) Bundesliga 1ste - Duitse kampioen 2006-07 (I) Bundesliga 4de 2007-08 (I) Bundesliga 1ste - Duitse kampioen 2008-09 (I) Bundesliga 2de 2009-10 (I) Bundesliga 1ste - Duitse kampioen - Wenner DFB-beker 2010-11 (I) Bundesliga 3de 2011-12 (I) Bundesliga 2de 2012-13 (I) Bundesliga 1ste - Duitse kampioen - Wenner DFB-beker 2013-14 (I) Bundesliga 1ste - Duitse kampioen - Wenner DFB-beker 2014-15 (I) Bundesliga 1ste - Duitse kampioen 2015-16 (I) Bundesliga 1ste - Duitse kampioen - Wenner DFB-beker 2016-17 (I) Bundesliga 1ste - Duitse kampioen 2017-18 (I) Bundesliga 1ste - Duitse kampioen

Verwysings

Eksterne skakels Amptelike klubwerf The Abseits Guide to German Soccer

München Kategorie:München