14 November is die 318de dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (319de in skrikkeljare). Daar volg nog 47 dae in die res van die jaar.

Gebeure duimnael|regs|125px|Sam Nujoma, president van Namibië van 1989 tot 2005 966 – Pous Johannes XIII keer terug na Rome. 1305 – Pous Clemens V word gekroon in Lyon, Frankryk. 1516 – Adriaan Florenszoon Boeyens (later Pous Adrianus VI) word hoof van die Inkwisisie in Aragon. 1644 – Pous Innocentius X stel vier nuwe kardinale aan waaronder sy neef Camillo Francesco Maria Pamphilj. 1699 – Pous Innocentius XII stel 7 nuwe kardinale aan, waaronder Giuseppi Archinto, aartsbiskop van Milaan. 1940 – Tweede Wêreldoorlog: Coventry word swaar gebombardeer in 'n aanval deur 500 bomwerpers van die Luftwaffe. 1971 – Mariner 9 bereik Mars en word die eerste ruimtetuig wat rondom 'n ander planeet wentel. 1989 – Sam Nujoma word president van Namibië met SWAPO wat 'n 57% meerderheid behaal in die eerste volledig demokratiese verkiesing in dié land. 1990 – Die Federale Republiek van Duitsland wysig die land se grondwet om die Poolse grens by Oder-Neisse lyn te bevestig. 2016 – 'n Supermaan vertoon homself. 2021 – Australië wen die eindstryd van die sewende T20I-wêreldbeker in Oman en die Verenigde Arabiese Emirate met agt paaltjies teen Nieu-Seeland.

Geboortes 1650 – Willem III, koning van Engeland, Ierland en Skotland († 1702). 1765 – Leopold Mozart, Oostenrykse komponis († 1791). 1765 – Robert Fulton, Amerikaanse skilder, ingenieur en uitvinder († 1815). 1778 – Johann Hummel, Duitse komponis († 1837). 1830 – Peter MacOwan, Suid-Afrikaanse plantkundige († 1909). 1840 – Claude Monet, impressionistiese kunsskilder van Giverny, Frankryk († 1926). 1889 – Jawaharlal Nehru, Indiese politikus, eerste staatshoof († 1964). 1894 – Rino Corso Fougier, Italiaanse lugmaggeneraal tydens die Tweede Wêreldoorlog († 1963). 1896 – Mamie Eisenhower, Eerste Dame van die Verenigde State († 1979). 1907 – Astrid Lindgren, Sweedse skrywer wat onder andere ook Pippi Langkous geskryf het († 2002). 1914 – Florentine Rost van Tonningen, voorstander van die Nasionaal Sosialistiese Beweging (NSB) in Nederland († 2007). 1917 – Generaal Park Chung-hee, Suid-Koreaanse politikus en soldaat († 1979). 1922 – Boutros Boutros-Ghali, Egiptiese politikus en sesde sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies († 2016). 1920 – Jan Rabie, Afrikaanse skrywer († 2001). 1929 – Gert Potgieter, Suid-Afrikaanse tenoor en akteur († 1977). 1935 – Hoessein bin Talal, koning van Jordanië († 1999). 1941 – Hernus Kriel, voormalige minister van wet en orde in die kabinet van Suid-Afrika († 2015). 1948 – Charles III van die Verenigde Koninkryk. 1954 – Condoleezza Rice, voormalige Amerikaanse Minister van Buitelandse Sake. 1956 – Peter R. de Vries, Nederlandse ondersoekjoernalis en misdaadverslaggewer († 2021). 1961 – D.B. Sweeney, Amerikaanse akteur en regisseur. 1961 – Jurga Ivanauskaitė, Litause skrywer, essayis, toneelskrywer, skilder en digter († 2007). 1962 – Harland Williams, Kanadese akteur en skrywer. 1975 – Travis Barker, Amerikaanse tromspeler, akteur en komponis. 1979 – Olga Kurylenko, Franse aktrise.

Sterftes 565 – Justinianus I, Bisantynse Keiser (* 482). 1556 – Cornelis Everaert, Suid-Nederlandse rederijker (* 1480). 1716 – Gottfried Wilhelm Leibniz is oorlede in Hannover, Duitsland. Die laaste (Duitse) universele genie. (* 1 Julie 1646 in Leipzig, Duitsland). 1739 – Etienne Barbier, Kaapse rebel (* 1699). 1831 – Georg Wilhelm Friedrich Hegel, Duitse filosoof en akademikus (* 1770). 1888 – Jan van Beers, Vlaamse digter (* 1821). 1908 – Groothertog Aleksei Aleksandrowitsj van Rusland, die vyfde kind en vierde oudste seun van Aleksander II van Rusland en sy eerste vrou, Maria Aleksandrowna (* 1850). 1910 – Pulvermacher, eerste Afrikaanse digter (* 1836). 1914 – Lord Frederick Sleigh Roberts, Britse maarskalk (* 1832). 1967 – Johannes Rudolph Albertyn, Afrikaanse predikant van die NG Kerk (* 1878). 1988 – Alex Heyns, Afrikaanse akteur (* onbekend). 2014 – Marius Barnard, broer en deel van prof Chris Barnard se chirugie-span (* 1927).

Vakansies, vierings en waarnemingsdae

Kategorie:November