duimnael|200px|Genl. Lucas Meyer tydens die Tweede Vryheidsoorlog.

19 November is die 323ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (324ste in skrikkeljare). Daar volg nog 42 dae in die res van die jaar.

Gebeure 461 – Pous Hilarius volg Pous Leo I op. 465 – Sinode van Rome. Die oudste sinode waarvan die oorspronklike dokumente behoue gebly het. 1493 – Christophorus Columbus word die eerste Europeër wat op Puerto Rico, 'n eiland wat hy San Juan Bautista noem, land. 1523 – Pous Clemens VII volg Pous Adrianus VI op as pous van die Rooms-Katolieke Kerk. 1576 – Pous Gregorius XIII stel Andreas van Oostenryk, seun van aartshertog Ferdinand, aan as kardinaal. 1586 – Giambattista Catagna (later Pous Urbanus VII) word hoof-inkwisiteur van die Heilige Offisie. 1629 – Pous Urbanus VIII stel elf nuwe kardinale aan, waaronder Jan Olbracht Wazy, aartsbiskop van Kraków. 1629 – Giovanni Battista Pamphilj (later Pous Innocentius X) word kardinaal-priester van S. Eusebio. 1725 – Lorenzo Corsini (later Pous Clemens XII) word kardinaal-biskop van Frascati. 1759 – Lorenzo Ganganelli (later Pous Clemens XIV) word kardinaal-priester van S. Lorenzo in Panisperna. 1794 – Die VSA en die Koninkryk van Groot-Brittanje sluit die Jay Verdrag. 1863 – VSA-President Abraham Lincoln voer die Gettysburg Rede. 1942 – Tweede Wêreldoorlog: Sowjetse magte onder generaal Georgi Zjoekof begin Operasie Uranus – die omsingeling by die Slag van Stalingrad – wat 'n ommekeer bring aan die verloop van die slag teen gunste van die Sowjetunie. 1949 – 'n Vernietigende haelstorm tref Pretoria se middestad en Pretoria-Wes. By die Uniegebou word 'n paar duisend dakpanne gebreek en by Yskor word 12 000 vensters beskadig. 1977 – Die Egiptiese president Anwar Sadat word die eerste Arabiese leier wat 'n amptelike besoek aan Israel aflê. 2023 – Australië klop Indië in die eindstryd met ses paaltjies en wen sodoende die 13de Krieketwêreldbeker in Indië.

Geboortes 1600 – Karel I van Engeland, koning van Engeland, Skotland en Ierland († 1649). 1711 – Michail Lomonosof, Russiese Renaissance-man, wetenskaplike en skrywer († 1765). 1805 – Ferdinand de Lesseps, Franse diplomaat en die dryfveer agter die bou van die Suezkanaal († 1894). 1828 – Rani Lakshmibai, Indiese koningin en rebelleleidster († 1858). 1831 – James Garfield, die twintigste President van die Verenigde State († 1881). 1846 – Genl. Lucas Johannes Meyer, medestigter van die Nieuwe Republiek († 1902). 1903 – Nancy Carroll, Amerikaanse aktrise († 1965). 1917 – Indira Gandhi, Eerste Minister van Indië († 1984). 1925 – Zygmunt Bauman, Pools-Britse sosioloog en filosoof († 2017). 1930 – Elize Botha, Suid-Afrikaanse akademikus († 2007). 1933 – Larry King, Amerikaanse televisie-gasheer († 2021). 1961 – Meg Ryan, Amerikaanse aktrise. 1962 – Jodie Foster, Amerikaanse aktrise en regisseuse. 1972 – Sandrine Holt, Kanadese aktrise. 1977 – Mette Frederiksen, Eerste Minister van Denemarke.

Sterftes 496 – Pous Gelasius I, die 49ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (*onbekend). 1828 – Franz Schubert, Oostenrykse komponis (* 1797). 1904 – August Snieders, Vlaamse skrywer (* 1825). 1928 – Johannes Baptist Hoffman, Duitse Jesuïete linguis en sendeling onder die Munda-mense in Indië (* 1857). 1949 – James Ensor, Belgiese skilder (* 1860). 2011 – Basil D'Oliveira, veelsydige bruin Suid-Afrikaanse krieketspeler (* 1931). 2013 – Frederick Sanger, Britse biochemikus (* 1918). 2014 – Roy Bhaskar, Engelse wetenskapfilosoof en inisieerder van kritiese realisme. (* 1944). 2022 – Jason David Frank, Amerikaanse akteur (* 1973). 2023 – Hannes Strydom, Springbokrugbyspeler (* 1965). 2023 – Rosalynn Carter, die Verenigde State se Eerste Dame tussen 1977 en 1981 (* 1927).

Vakansies, vierings en waarnemingsdae Internasionale Mannedag

Kategorie:November