20 November is die 324ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (325ste in skrikkeljare). Daar volg nog 41 dae in die res van die jaar.
Gebeure 284 – Gaius Aurelius Valerius Diocletianus word keiser van Rome. 1168 – Teenpous Callixtus III word verkies. 1551 – Pous Julius III stel 14 nuwe kardinale aan. 1679 – Pous Innocentius XI publiseer die bul Sollicitudo pastoralis oor die religieuse ordes. 1687 – Pous Innocentius XI publiseer die bul Coelestis Pastor waarin Miguel de Molinos veroordeel word. 1700 – Tydens die Slag van Narva verslaan Koning Karel XII van Swede die leër van tsaar Pieter die Grote. 1722 – Die Nederlandse skip die Schoonenberg loop in die vroeë oggendure by Struisbaai op die rotse. 1724 – Pous Benedictus XIII stel Vincenzo Petra, titulêr aartsbiskop van Damaskus aan as kardinaal. 1789 – New Jersey word die eerste VSA-staat om die Handves van Menseregte te bekragtig. 1913 – Die nuwe pier aan die onderpunt van Adderleystraat in Kaapstad word geopen. 1917 – Eerste Wêreldoorlog: Die Slag van Cambrai vind plaas; die eerste massatenkaanval. 1945 – Die Neurenberg-verhore begin. 1947 – Huwelik van Prinses Elizabeth II, die dogter van Koning George VI van die Verenigde Koninkryk, met luitenant Philip Mountbatten 1969 – Eksplisiete foto's van dooie burgerlikes van die My Lai-menseslagting, wat tydens die Viëtnamoorlog plaasgevind het, word gepubliseer. 1974 – 'n Lufthansa Boeing 747, Vlug 540 tussen Frankfort en Johannesburg, stort neer in Nairobi, Kenia. Van die 157 mense aanboord sterf 59. 1998 – Die Internasionale Ruimtestasie word lanseer. 1999 – Die Volksrepubliek China lanseer sy eerste Shenzhou-ruimtetuig. 2024 – ‘n Kunswerk genoem Comedian (uitgawe twee) deur die Italiaanse kunstenaar Maurizio Cattelan verkoop vir VSA $6.2 milljoen tydens ‘n Sotheby veiling.
Geboortes 1620 – Awwakoem Petrof, Russiese aartspriester († 1682). 1629 – Ernst August, keurvors van Brunswyk-Lüneburg, die Hertog van Brunswyk-Lüneburg († 1698). 1663 – Johannes Cornelis d’Ableing, waarnemende goewerneur van die Kaap († 1721). 1750 – Tipu Sultan, Moslem Indiese militêre leier. Heerser van die Mysore-koninkryk in Suid-Indië († 1799). 1761 – Francesco Saverio Castiglioni (later Pous Pius VIII), die 253ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk († 1830). 1794 – Eduard Rüppell, Duitse natuurwetenskaplike en ontdekkingsreisiger in Afrika († 1884). 1858 – Selma Lagerlöf, Sweedse skryfster en ontvanger van die Nobelprys vir Letterkunde, 1909 († 1940). 1889 – Edwin Hubble, Amerikaanse sterrekundige († 1953). 1917 – Bobby Locke, Suid-Afrikaanse gholfkampioen († 1987). 1917 – Robert Carlyle Byrd, Amerikaanse politikus († 2010). 1919 – Phyllis Thaxter, Amerikaanse aktrise († 2012). 1923 – Nadine Gordimer, Suid-Afrikaanse skryfster en Nobelpryswenner vir Letterkunde in 1991 († 2014). 1942 – Joe Biden, 46ste President van die Verenigde State van Amerika. 1959 – Orlando Figes, Britse geskiedkundige en skrywer. 1968 – David van Rooyen (Des), afgedankte kabinetsminister van finansies van Suid-Afrika.
Sterftes 1938 – Arthur Elliott, Suid-Afrikaanse fotograaf en oudheidkundige (* 1870). 1952 – Benedetto Croce, Italiaanse filosoof, historikus, literatuurkritikus en politikus (* 1866). 1985 – Henning Klopper, Suid-Afrikaanse taalstryder en LV (* 1895). 1989 – Jacobus Bernardus de Vaal, onderwyser en historikus (* 1914). 1992 – Henry Charles Hopkins, Suid-Afrikaanse predikant en skrywer (* 1918). 1995 – D.C.H. Uys, Suid-Afrikaanse politikus (* 1909). 2006 – Zoia Ceaușescu, Roemeense wiskundige (* 1949). 2007 – Ian Smith, Rhodesiese eerste minister (* 1919). 2018 – Aaron Klug, Britse skeikundige en biochemikus (* 1926).
Vakansies, vierings en waarnemingsdae
Kategorie:November