Die jaar 1689 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Saterdag begin het. Dit was die 89ste jaar van die 17de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.

Gebeure Die Here Sewentien gelas dat Franse kinders aan die Kaap slegs onderwys in Nederlands sal ontvang. Simon van der Stel verbied die stigting van 'n Franstalige kerk in die Drakenstein. Jesuïete is die eerste setlaars in Charlesbourg, Québec. Bloedbad van Lachine, Québec (Montreal-eiland). 6 Oktober – Pous Alexander VIII volg Pous Innocentius XI op as pous van die Rooms-Katolieke Kerk. 16 Oktober – Pous Alexander VIII word gekroon deur kardinaal Francesco Maidalchini. 7 November – Pous Alexander VIII stel sy 22-jarige neef Pietro Ottoboni aan as kardinaal.

Geboortes 18 Januarie – Charles Montesquieu, Franse skrywer en filosoof († 1755). 29 Januarie – Hubert Kornelisz. Poot, Nederlandse digter († 1733).

Sterftes Onbekend – Willem Ogier, Vlaamse dramaturg en komediant (* 1618). 12 Augustus – Pous Innocentius XI, 240ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* 1611).

Kategorie:17de eeu