Die jaar 1694 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Vrydag begin het. Dit was die 94ste jaar van die 17de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
Gebeure Stigting van die Bank van Engeland. 24 Julie – Pous Innocentius XII verklaar Humiliana de' Cerchi salig. 11 September – Prospero Lorenzo Lambertini (later Pous Benedictus XIV) behaal sy doktorsgraag aan die Universiteit La Sapienza in Rome. 24 November – Pous Innocentius XII verklaar Osanna Andreasi salig.
Geboortes 26 Februarie – Karl Gottlob Sperbach, Duitse letterkundige en filoloog († 1772). 4 Julie – Louis-Claude Daquin, Franse komponis van Joodse afkoms († 1772) 21 November – Voltaire, een van die mees gelese en invloedrykste skrywers van die Franse en Europese Verligting († 1778).
Sterftes 28 November – Matsuo Basho, Japannese digter (* 1644) 28 Desember – Koningin Maria II van Engeland (* 1662) Onbekend – Lodewyk van der Stel, seun van Simon van der Stel en kassier van die Kaap van Goeie Hoop (* 1667)
Kategorie:17de eeu