Die jaar 1698 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Woensdag begin het. Dit was die 98ste jaar van die 17de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.

Gebeure 24 Maart – Michelangelo Conti (later Pous Innocentius XIII) word nuntius vir Portugal. 2 Julie – Thomas Savery patenteer die eerste stoommasjien. Skotse setlaars, geborg deur die staatskas en via publieke subskripsie, stig 'n handelskolonie, Caledonia genaamd in die Darién-gebied in die huidige Panama. Sowat 2 000 Skotte van twee ekspedisies beswyk egter aan siektes soos geelkoors en malaria of word deur Spanjaarde doodgemaak kort nadat hulle aangekom het. In Muskovië vind die tweede en laaste opstand van die strel’tsy (musketiers) plaas. Dit veroorsaak die algehele afskaffing van hierdie besondere militêre (en sosiale) stand in die Moskouse ryk. Geboortes 21 Augustus – Giuseppe "del Gesù" Guarneri, Italiaanse maker van strykinstrumente uit die Guarneri-familie van Cremona († 1744). 6 September – Jean Thurel, Franse soldaat († 1807).

Sterftes 23 Januarie – Ernst August, keurvors van Brunswyk-Lüneburg, die Hertog van Brunswyk-Lüneburg (* 1629) Onbekend – Willem de Vlamingh, 'n Nederlandse ontdekkingsreisiger (* 1640) Verwysings

Kategorie:17de eeu