Die jaar 1705 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Donderdag begin het. Dit was die 5de jaar van die 18de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
Gebeure Rome 20 Mei – Pous Clemens XI verklaar Theresa van Portugal heilig. 16 Julie – Pous Clemens XI publiseer die bul Vineam Domini teen die Jansenisme. 2 November – Lorenzo Ganganelli, (later Pous Clemens XIV), word gedoop. 13 Desember – Pous Clemens XI verklaar Sancha van Portugal heilig. Nederland Maria Sibylla Merian (1647-1717) publiseer haar Metamorphosis Insectorum Surinamensium, 'n groot boek met gravures en teks in Nederlands oor die insektewêreld en die eetbare vrugte van Suriname. Dit verskyn ook in Latyn vir lesers in die buiteland. Die Nederlandse Arabist en kartograaf Adriaan Reland publiseer sy Imperii Persici delineatio 'n nuwe kaart van Persië.
Portugal Catarina van Braganza is opnuut regent vir haar broer Pedro II van Portugal, maar Petro se valido en sy aanhangers weier om vergaderings wat sy saamroep by te woon, omdat sy as pro-Brits gesien word.
Rusland 16 Januarie Tsaar Pieter die Grote vaardig 'n dekreet uit wat alle lede van die manlike bevolking van Rusland, uitgesluit geestelikes en kleinboere, dwing om hulle baarde af te skeer. Geboortes 31 Oktober – Lorenzo Ganganelli, later Pous Clemens XIV, die 249ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* 1774).
Sterftes 5 Mei – Leopold I, Heilige Romeinse Keiser (* 1640). 16 Augustus – Jacob Bernoulli, Switserse wiskundige en wetenskaplike (* 1654). Catarina van Braganza; dogter van João IV van Portugal (*1638) Desi Sangye Gyatso -- die Vyfde Dalai Lama (*1653).
Boeke Die Vocabularium Venedicum van die dominee Christian Hennig von Jessen, die belangrikste Polabiese bron.
Verwysings
Kategorie:18de eeu Kategorie:1705