18 November is die 322ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (323ste in skrikkeljare). Daar volg nog 43 dae in die res van die jaar.

Gebeure 1095 – Pous Urbanus II predik die Eerste Kruistog op die konsilie van Clermont-Ferrand. 1105 – Maginulfo word gekroon as Teenpous Silvester IV. 1210 – Pous Innocentius III ekskommunikeer keiser Otto IV. 1302 – Pous Bonifatius VIII publiseer die bul Unam Sanctam. 1307 – Volgens oorlewering skiet Wilhelm Tell, 'n legendariese boogskutter in Switserland, 'n appel met 'n enkele pyl van sy kruisboog van sy seun se kop af. 1900 – Genl. Christiaan de Wet val ’n Britse garnisoen onder maj. G.W. Massy by Dewetsdorp aan. 1901 – Tweede Vryheidsoorlog: Die Britse regering publiseer 'n witskrif wat die noodsaak van konsentrasiekampe in Suid-Afrika uiteensit. 1905 – Prins Karel van Denemarke word Haakon VII, die eerste koning van Noorweë, nadat die persoonlike unie van Swede-Noorweë ontbind is. 1918 – Letland word onafhanklik van Rusland. 1926 – Pous Pius XI noem die Meksikaanse regering "barbaars" in sy ensikliek "Inquis Afflictisque". 1961 – Ranger 2, 'n onbemande ruimtetuig, word lanseer. 1991 – Kroatiese Onafhanklikheidsoorlog: Ná 'n beleg van 87 dae verower Joego-Slawiese magte die Kroatiese stad Vukovar. 2001 – Die Afrikaanstalige Wikipedia word opgerig. 2015 – Lucara Diamond Corporation kondig die ontdekking van die Karowe AK6-diamant van 1111 karaat aan.

Geboortes 1856 – Groothertog Nikolaas Nikolajewitsj van Rusland, die seun van groothertog Nikolaas Nikolajewitsj senior († 1929). 1876 – Johanna Brandt, Afrikaanse skrywer en spioen gedurende die Tweede Vryheidsoorlog († 1964). 1898 – Joris Ivens, Nederlandse regisseur, skrywer en rolprentvervaardiger († 1989). 1914 – Bettie Cilliers-Barnard, Suid-Afrikaanse skilder († 2010). 1923 – Alan Shepard, Amerikaanse vlootvlieënier en ruimtevaarder († 1998). 1925 – Yvonne Bryceland, Suid-Afrikaanse aktrise in Londen († 1992). 1932 – Fujie Eguchi, vroue-tafeltennisspeler van Japan († 2021). 1935 – Abie Malan, Suid-Afrika se dertigste Springbokkaptein († 2014). 1935 – Andries Cornelius, Afrikaanse radio-omroeper en skrywer († 1993). 1936 – Don Cherry, Amerikaanse jazzmusikant († 1995). 1950 – Dennis Haskins, Amerikaanse akteur († 2026). 1953 – Lana Marks, Amerikaanse diplomaat. 1959 – Christine Barkhuizen le Roux, Afrikaanse digter en skryer van kortverhale en romans († 2020). 1979 – Einar Selvik, Noorweegse musikant. 1996 – Noah Ringer, Amerikaanse akteur.

Sterftes 1720 – Calico Jack, Engelse seerower wat in die vroeë 18de eeu in die Bahamas en Kuba werksaam was (* 1682). 1842 – Jules Dumont d’Urville, Franse ontdekkingsreisiger (* 1790). 1886 – Chester A. Arthur, die een-en-twintigste President van die Verenigde State (* 1829). 1922 – Marcel Proust, Franse skrywer (* 1871). 1962 – Niels Bohr, Deense fisikus, Nobelpryswenner (* 1885). 1969 – Gus McNaughton, Engelse akteur en skrywer (* 1881). 1976 – Man Ray, Amerikaanse fotograaf (* 1890). 1977 – Kurt Schuschnigg, Oostenrykse politikus (* 1897). 1989 – Johnny Haymer, Amerikaanse akteur (* 1920). 1989 – Hendrik de Vries, Nederlandse digter en skilder (* 1896). 1995 – Reinhard Kolldehoff, Duitse akteur (* 1914). 2002 – James Coburn, Amerikaanse akteur (* 1928). 2015 – Jonah Lomu, Nieu-Seelandse rugbyspeler (* 1975). 2015 – John Gainsford, Springbokrugbyspeler (* 1938). 2020 – Christine Barkhuizen le Roux, Afrikaanse digter en skryfster van kortverhale en romans (* 1959).

Vakansie-, vierings- en waarnemingsdae

Kategorie:November