15 November is die 319de dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (320ste in skrikkeljare). Daar volg nog 46 dae in die res van die jaar.
Gebeure 1215 – Pous Innocentius III open die vierde Lateraanse konsilie. 1483 – Pous Sixtus IV stel nog vyf nuwe kardinale aan waaronder Giovanni Battista Orsini, lid van een van die belangrike families in Rome. 1566 – Felice Peretti da Montalto (later Pous Sixtus V) word biskop van Santa Agata dei Goti. 1621 – Pous Gregorius XV publiseer sy bul Aeterni Patris oor pouslike verkiesings. 1660 – Pietro Vito Ottoboni (later Pous Alexander VIII) word kardinaal-priester van S. Marco. 1899 – Winston Churchill word tydens die Tweede Vryheidsoorlog by Chieveley in Natal deur boeremagte gevange geneem. 1906 – Lord Selbourne lê die hoeksteen van 'n dok in Simonstad. 1920 – Die eerste algemene vergadering van die Volkebond word in Genève, Switserland, gehou. 1966 – Die Oseaniese Sokkerkonfederasie word in Auckland, Nieu-Seeland, deur vier lande gestig. 1971 – Intel reik die wêreld se eerste mikroverwerker, die 4004, uit. 1983 – Die Turkse Republiek van Noord-Siprus verklaar eensydig sy onafhanklikheid van Siprus. 1988 – Die PLO verklaar in Algiers die onafhanklikheid van die Staat van Palestina met Jerusalem as hoofstad. 2002 – Hu Jintao word algemene sekretaris van die Kommunistiese Party van China. 2022 – 'n Reeks betogings teen Covid-19-inperkings het in die Volksrepubliek van China begin.
Geboortes 1397 – Tommaso Parentucelli, later Pous Nicolaas V, 208ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk († 1455). 1738 – William Herschel, Britse sterrekundige († 1822). 1862 – Gerhart Hauptmann, Duitse dramaturg en romanskrywer († 1946). 1868 – Josef Hammar, Sweedse militêre chirurg en avonturier († 1927). 1887 – Hitoshi Ashida, Japannese politikus en Eerste minister van Japan in 1948 († 1959). 1912 – Albert Baez, Mexikaans-Amerikaanse fisikus en die vader van die sangeresse Joan Baez en Mimi Fariña († 2007). 1914 – Jorge Bolet, Kubaans-gebore Amerikaanse virtuoos pianis († 1990). 1927 – George Bizos, Grieks-Suid-Afrikaanse menseregte- en anti-apartheidsadvokaat († 2020). 1929 – Ed Asner, Amerikaanse akteur († 2021). 1931 – Pascal Lissouba, politikus en president van die Republiek die Kongo († 2020). 1931 – Jan Terlouw, Nederlandse politikus en diplomaat van die Demokrate 66, fisikus en skrywer van Koning van Katoren († 2025). 1938 – Ronnie Kasrils, afgetrede Suid-Afrikaanse ANC-kabinetsminister. 1939 – Yaphet Kotto, Amerikaanse akteur, skrywer en regisseur. 1941 – Syd Nomis, Suid-Afrikaanse rugbyspeler († 2018). 1955 – Buck Adams, Amerikaanse pornografiese akteur († 2008). 1991 – Shailene Woodley, Amerikaanse aktrise en vervaardiger.
Sterftes 1280 – Albertus Magnus, Duitse teoloog en wetenskaplike (* 1200). 1630 – Johannes Kepler, wiskundige en sterrekundige (* 1571). 1658 – Jacobus Revius, Nederlandse digter, Calvinis teoloog en kerkhistorikus (* 1586). 1670 – Johann Amos Comenius, bekend as die vader van moderne onderwys (* 1592). 1787 – Christofh Willibald Gluck, hervormer van die opera (* 1714). 1866 – Albert Zinn, NG-predikant (* 1838). 1908 – Keiserin-weduwee en regentes Cixi, Qing-dinastie regentes van 1861 tot haar dood. (* 1835). 1916 – Henryk Sienkiewicz, Poolse outeur, ontvanger van die Nobelprys vir Letterkunde 1905 (* 1846). 1925 – Ds. Adriaan Begemann, eerste predikant van Pretoria se Nederduitsch Hervormde Kerk (* 1831). 1954 – Lionel Barrymore, Amerikaanse akteur (* 1878). 1961 – Elsie Ferguson, Amerikaanse aktrise (* 1883). 1998 – Stokely Carmichael, Amerikaanse menseregte-aktivis, in Port of Spain, Trinidad (* 1941). 2001 – Jan Rabie, Afrikaanse skrywer (* 1920). 2016 – Sixto Durán Ballén, Ecuadoriaanse politikus en voormalige president (1992–1996) (* 1921). 2020 – Anne Rasa, Suid-Afrikaanse natuurkundige en etoloog van veral die graatjiemeerkat (* 1940).
Vakansies, vierings en waarnemingsdae
Kategorie:November