17 November is die 321ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (322ste in skrikkeljare). Daar volg nog 44 dae in die res van die jaar.

Gebeure 1102 – Markgravin Mathilde van Toskane skenk haar landgoedere aan Pous Paschalis II. 1558 – Elizabeth I bestyg die Engelse troon. 1741 – Pous Benedictus XIV publiseer "Satis vobis compertum" oor die huwelik. 1815 – Die Slagtersnek-rebellie vind plaas. 1869 – Die Suezkanaal word geopen. 1969 – Die SALT I-samesprekings tussen die Sowjetunie en die Verenigde State begin in Helsinki. 1970 – Douglas Engelbart ontvang die patent vir die eerste rekenaarmuis. 1989 – Die Fluweelrevolusie in Tsjeggo-Slowakye begin. 2018 – Protesaksies wat die Geelbaadjie-beweging inlei, vind plaas regoor Frankryk en ongeveer 300 000 mense neem deel aan die protesbyeenkomste.

Geboortes 9 – Titus Flavius Vespasianus, keiser van die Romeinse Ryk († 79). 1587 – Joost van den Vondel, Nederlandse digter, skrywer en dramaturg († 1679). 1749 – Nicolas Appert, Franse uitvinder († 1841). 1765 – Giovanni Battista Balbis, Italiaanse plantkundige en politikus († 1831). 1887 – Bernard Montgomery, Britse veldmaarskalk († 1976). 1902 – Eugene Wigner, Hongaars-Amerikaanse teoretiese fisikus en Nobelpryswenner († 1995). 1903 – Nicolaas Johannes Diederichs, Suid-Afrikaanse politikus en derde Staatspresident van Suid-Afrika (1975–1978) († 1978). 1921 – Prof. Richard Ernest van der Ross, 'n Kaapse Kleurlingleier en opvoedkundige († 2017). 1925 – Rock Hudson, Amerikaanse akteur († 1985). 1928 – Rance Howard, Amerikaanse akteur († 2017). 1932 – Deon Fourie, Suid-Afrikaanse offisier, akademikus en militêre historikus († 2025). 1952 – Cyril Ramaphosa, Suid-Afrikaanse sakeman, politikus en vyfde President van Suid-Afrika (2018–). 1952 – Freek Robinson, Suid-Afrikaanse joernalis en TV-aanbieder. 1957 – Hannes Visser, Afrikaanse skrywer, digter en uitgewer. 1966 – Sophie Marceau, Franse aktrise. 1971 – David Ramsey, Amerikaanse televisie- en rolprentakteur. 1977 – Ryk Neethling, Suid-Afrikaanse bekroonde Olimpiese swemmer.

Sterftes 375 – Valentinianus I, keiser van die Wes-Romeinse Ryk (* 321). 474 – Leo II, keiser van Bisantium (* 467). 1558 – Maria I van Engeland, koningin van Engeland en van Ierland (* 1516). 1713 – Abraham van Riebeeck, Goewerneur-generaal van Nederlands-Indië (* 1653). 1796 – Keiserin Katharina II van Rusland (* 1729). 1917 – Auguste Rodin, Franse beeldhouer. (* 1840). 1938 – Adriaan Moorrees, teoloog en leier in die NG Kerk, skrywer en digter (* 1855). 2012 – Ian Kirkpatrick, Springbokrugbyspeler en -afrigter (* 1930). 2013 – Doris Lessing, Britse skrywer (* 1919). 2017 – Salvatore Riina, Italiaanse mafioso (* 1930). 2018 – Nigel Morgan, Britse en Suid-Afrikaanse veiligheidskonsultant (* 1954). 2021 – Theuns Jordaan, Suid-Afrikaanse sanger (* 1971).

Vakansies, vierings en waarnemingsdae

Kategorie:November