Schreibersiet is 'n skaarse fosfiedmineraal wat hoofsaaklik in meteoriete aangetref word.

Dit is in 1847 na Karl Franz Anton von Schreibers (1775 - 1852) uit Bratislava vernoem.

Die mineraal word maklik deur water en suurstof aangetas en vorm dan verskeie fosfaat-anione. Dit is ook 'n katalis wat die formosereaksie bevorder, omdat dit -ione vrystel asook die pH verhoog. Hierdie reaksie vervaardig suikers uit formaldehied en in die teenwoordigheid van schreibersiet kan ook gefosforiliseerde suikers soos ribose gevorm word. Meteoriete wat schreibersiet bevat het in die Hadeïkum dalk 'n rol gespeel in die ontstaan van die lewe op Aarde. Schreibersite: an effective catalyst in the formose reaction network 2018 New J. Phys. 20 055003

Dit het 'n tetragonale stuktuur en is isostruktureel met en .Materials Project; interaktiewe stuktuurmodel In strukturbericht-klassifikasie is dit die D0-struktuur.Intermetallic Chemistry Elsevier, 2010, , Die ruimtegroep I is nie-sentrosimmetries en dit beteken dat daar twee enantiomere kristalstrukure bestaan. Die absolute konfigurasie kan bepaal word en die twee enantiomere kom waarskynlik lukraak onder die schreibersiet-kristalle voor.Pritekel, Cameron, "The crystal structure of meteoritic schreibersite: refinement of the absolute crystal structure" (2015). Undergraduate Honors Theses. 942.

Verwysings