Tradisionele Oos-Asiatiese maansonkalenders verdeel ’n jaar in 24 sontermyne.

Xiaoman (tradisionele Chinees: 小滿; vereenvoudigde Chinees: 小满; pinyin: xiǎomǎn) of shoman (Japannees: 小満) is die agtste sontermyn, die tyd wanneer plante begin groei. Dit begin wanneer die son die luglengtegraad 60° bereik en eindig wanneer dit die lengtegraad 75° bereik. Dit verwys meer dikwels spesifiek na die dag wanneer die son presies op die lengtegraad 60° is.

Volgens die Gregoriaanse kalender begin dit gewoonlik omstreeks 21 Mei en eindig dit omstreeks 5 Junie (6 Junie Oos-Asiatiese tyd).

Verwysings

Eksterne skakels 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Sontermyne Kategorie:Somer